Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jenny sê Jaguars se beste kom nog

Jy moet jou beste vir laaste hou.

Dié vermaning van Jenny van Dyk oor haar Jaguars-span, sal sy teenstanders laat sidder in die pylvak van die Nasionale Netballiga.

Danielle van Zyl van die Jaguars Donderdag op die aanval met Melanie de Lange van die Fireballs wat probeer walgooi in ’n wedstryd in die Nasionale Liga. Foto: Verskaf

Die Noord-Gautengers het Donderdag reeds hul plek in Sondag se halfeindronde bespreek toe hulle in Bloemfontein ’n gemaklike oorwinning met 47-32 oor die Golden Fireballs behaal het.

Dit is die tweede keer in die kompetisie dat die Jaguars met hul Gautengse bure afgereken het.

Die driemalige kampioen mik na sy vierde agtereenvolgende titel.

Die Jaguars het 15 punte en sal eerste op die punteleer eindig, al moet hulle nog teen die Southern Stings en die Flames speel.

“Daar is nog ’n paar wedstryde oor en jy moet jou beste vir laaste hou,” sê Van Dyk.

Om die beste te wees moet jy die bestes kan klop.

“Van nou af sal ons die spelers so vars as moontlik moet hou en beter bestuur. Dis ’n baie taai toernooi.”

Die span wat boaan die punteleer eindig, speel teen die span wat vierde lê.

Van Dyk sê die Jaguars wil nie enige span probeer “vermy” in die halfeindronde nie.

“Om die beste te wees moet jy die bestes kan klop.

“Daar is geen maklike wedstryd op pad na die halfeind nie. Ons gaan so goed moontlik voorberei.”

Al het die Fireballs verloor, is hulle tweede op die punteleer met 10 punte, terwyl die Stings derde is met nege.

Die Crinums het agt danksy ’n oorwinning met 40-37 Donderdag oor die Noordwes-Flames.

Die Fireballs se hoofdoelverdediger, die Protea Zanele Vimbela, het ’n kniebesering opgedoen.

Wes-Kaap se Stings het die Kingdom Stars van KwaZulu-Natal met 42-31 geklop. Die KwaZulu-Natallers kon nog nie een wedstryd wen nie.

• In Afdeling B is die Wes-Kaapse Tornados bo-aan die punteleer met 12 punte nadat hulle die Diamonds Donderdag met 37-36 geklop het.

Vrydag se program: 09:00: Crinums t. Fireballs; 11:00: Tornados t. Baobabs; 13:00: Flames t. Stars; 15:00: Diamonds t. Aloes. 17:00: Stings t. Jaguars. 19:00: Sunbirds t. Queens.

TV: Vanaf 15:00 op Variety 4 (209).

Meer oor:  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.