Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
JoBerg2C-ryers gaan dalk reën moet trotseer

Terwyl sowat 800 bergfietsryers hulle voorberei om hierdie Vrydag (26 April) die negedaagse tog van Heidelberg af al die pad na Scottburgh in KwaZulu-Natal toe te onderneem, speel daar op die oomblik ’n ander prentjie tussen die organiseerders van die ren af omdat die onlangse reën die planne effens omvergewerp het.

Terwyl bergfietsryers verlede jaar die Vrystaatse stof tydens die eerste skof van die JoBerg2C bergfietsren tussen Heidelberg en Frankfort moes trotseer, gaan hulle waarskynlik vanjaar die modderpaaie moet aandurf. Foto: Em Gatland

“Ek het vanoggend met die boer Glen Haw gesels en die paaie is goed nat en modderig. Die rivierloop op die roete van die derde skof wat bekend is as Hansie’s Farm vloei baie sterk en verlede jaar was dié einste loop kurkdroog. As die reën nie opklaar nie, gaan ons na ander opsies moet kyk,” het Craig Wapnick, een van die organiseerders van JoBerg2C gesê.

Hy is egter glad nie bekommerd dat die weer die heerlike atmosfeer en ry-ervaring van hierdie jaar se JoBerg2C in die wiele gaan ry nie, want bergfietsryers is mos nie pieperige mense nie en hulle laat hul nie sommer deur ’n paar druppels reën of modder afskrik nie.

Vir elke skof het hulle reeds ’n vaste plan B as die weer lol en die ren sal voortgaan, ten spyte van enige weersomstandighede.

“Ryers kan maar weet dat hulle die eerste drie dae dalk ’n uur langer as gewoonlik in die saal gaan deurbring, maar dis ook nou regtig nie die einde van die wêreld nie. Van die lekkerste byeenkomste waaraan ek al deelgeneem het, was dié wat ’n storie gehad het om te vertel,” sê Wapnick.

Ryers gaan waarskynlik soggens in snerpende koue wegspring en moet genoeg warm goed aantrek om mee te begin, veral tydens die tweede skof tussen Frankfort en Reitz en die derde skof na Sterkfonteindam.

Die ren skop Vrydag om 08:00 by Karan Beef in Heidelberg af.

Sowat 800 ryers neem vanjaar deel aan die tiende Joberg2C bergfietsmarathon wat in Heidelberg begin en in Scottburgh eindig. Foto: Em Gatland
Meer oor:  Joberg2c  |  Fietsry  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.