Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bloem-vrou ryg wêreldtitels vir liggaamsbou in

’n Jong liggaamsbouer van Bloemfontein het die naweek die wêreldtitels in Indië ingeryg, slegs ’n kort ruk sedert sy aan dié sportsoort begin deelneem het.

Justine Holmes ten tyde van die naweek se kompetisie. Foto: Verskaf

Justine Holmes (19), wat liggaamsbou maar nog net sowat vyf maande beoefen, het die naweek op die World Fitness Federation (WFF) se Asia Pacific-kampioenskap as ’n professionele liggaamsbouer gekwalifiseer.

Dié oud-leerling van die Hoër Meisieskool Oranje in die stad is oorstelp met haar prestasies in Bengaluru, Karnataka, in Indië.

Holmes is aanvanklik as die aërobiese amateur-fiksheidskampioen en later as wenner van die professionele aërobiese fiksheidsafdeling gekroon. Sy het ook eerste in die fiksheid-en-skoonheidskompetisie gekom.

Justine Holmes en haar afrigter, Hende-Mari Strydom, die naweek saam. Foto: Verskaf

“Dit is ’n bewys van wat in vyf maande bereik kan word as jy vasbeslote is, alles insit en passievol is,” sê Holmes.

Sy gee alle eer aan God vir haar talente. Sy hoop om mense te inspireer om gesond en fiks te wees. Sy het nog altyd in gesondheid en fiksheid belanggestel.

Holmes, ook ’n swemafrigter, leer baie oor die sportsoort van haar liggaamsbou-afrigter, Hende-Mari Strydom van ZooZ Lifestyle.

Strydom is ’n voormalige Mej. Heelal van die WFF en voorsitter van die nasionale amateur-liggaamsbouvereniging (Nabba). Strydom was ook die naweek ’n beoordelaar.

“Om haar daar te hê, het die kroon gespan. Ek wou haar net trots maak, omdat sy al soveel vir my opgeoffer het.”

Holmes sê haar oorwinning voel nog onwerklik.

Liggaamsbou is fisiek en verstandelik uitdagend.

“Jy raak natuurlik baie moeg en gedemotiveerd, so die belangrikste is om jouself deur mense met dieselfde visie as jy te omring.”

* Holmes is een van drie Suid-Afrikaners wat titels in dié internasionale kompetisie verower het. Rudolf Koen en Engela Loots, onderskeidelik van Boksburg in Gauteng en Hartebeesfontein in Noordwes, sal ook met goud na Suid-Afrika terugkeer.

Suid-Afrikaners het goed gevaar in die World Fitness Federation se internasionale liggaamsboukompetisie die naweek in Indië. Van links is Justine Holmes, Hende-Mari Strydom, haar afrigter, Rudolf Koen, wat goud gewen het, en Engela Loots, wat ook goud gewen het. Foto: Facebook / WFF

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.