Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jong Joaquin maak gholf-geskiedenis

Joaquin Niemann het Sondag geskiedenis gemaak toe hy die eerste Chileen geword het om ’n toernooi in die Amerikaanse PGA-gholfreeks te wen.

Joaquin Niemann vier sy oorwinning in die Greenbrier Classic in Amerika. Foto: Getty Images

Die 20-jarige Niemann het dít boonop in styl gedoen deur die Greenbrier Classic in Wes-Virginië met ’n yslike ses houe te wen.

Hy het die laaste ronde in 64 houe (ses minder as die baansyfer) voltooi en sy wentelling is 259 houe (-21).

“Dis mal,” het Niemann gesê, wat in trane uitgebars het toe hy gevra is wat dié oorwinning vir hom beteken.

“Ek kan nie wag om huis toe te gaan en saam met my vriende fees te vier nie.”

Niemann hoop hy kan Ernie Els, kaptein van die Internasionale span vir vanjaar se Presidentebeker, oortuig om hom as ’n kapteinskeuse vir vanjaar se toernooi teen Amerika te kies.

Die Amerikaner Tom Hoge (-15) het tweede geëindig. – Reuters

Meer oor:  Greenbrier Classic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.