Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jong Kanadees se F1-droom word waar

Die Kanadees Nicholas Latifi se droom het vandeesweek waar geword toe Williams aangekondig het dat dié renjaer die plek van Robert Kubica sou neem in aanstaande jaar se Formule Een-reeks.

Dié 24-jarige, wat tans tweede op die puntelys van die Formule Twee-reeks lê, was vanjaar Williams se reserwe-renjaer en het in ses oefensessies vir die Britse span gejaag.

Nicholas Latifi sal volgende jaar vir Williams aan die F1-kampioenskap deelneem. Foto: Getty Images

“Dis alles nog ’n bietjie onwerklik. Dis ’n droom wat ek die afgelope 12 jaar nagestreef het. Dit sal seker eers insink wanneer ek volgende jaar in Melbourne (in die Australiese Grand Prix) op die wegspringrooster is,” het Latifi in ’n verklaring aan die vooraand van die Grand Prix in Abu Dhabi, die laaste F1-wedren van die jaar, gesê.

Latifi se spanmaat sal nog ’n jongeling, die Brit George Russell, wees. Die 21-jarige Russell het vanjaar sy debuut vir Williams gemaak.

Die plek wat Latifi nou vul, was die laaste vakante een vir renjaers in volgende jaar se F1-kampioenskap.

Die 34-jarige Kubica, wat vanjaar na F1 teruggekeer het nadat hy in ’n tydren-ongeluk in 2011 by die dood omgedraai het, het in September aangekondig dat hy Williams gaan verlaat.

Kubica het Williams se enigste kampioenskapspunt vanjaar ingesamel en dié span lê onderaan die puntelys van die vervaardigerskampioenskap.

Daar is sprake dat Kubica hom dalk as ’n reserwe- of toetsrenjaer by die Amerikaanse Haas-span sal aansluit. – Reuters

Meer oor:  Robert Kubica  |  Formule 1-Ren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.