Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jongelinge sal Budler en Konkco toets

Twee van die land se meer ervare boksers, Hekkie Budler en Simpiwe Konkco, sal volgende maand deur jonger internasionale vegters uitgedaag word.

Hekkie Budler en sy afrigter, Colin Nathan. Foto: Getty Images

Budler (32) boks op 22 Mei in die hoofgeveg van die nuwe Uppercut Promotions se toernooi in die Booysens-gimnasium in Johannesburg teen die 21-jarige Jonathan Almacen van die Filippyne.

Konkco (34) sal in dieselfde toernooi teen nog ’n 21-jarige Filippyn, ArAr Andales, te staan kom.

Almacen het sover sewe van sy 12 gevegte in die beroepskryt gewen en Andales 12 van sy 14.

Budler was in 2018 laas in aksie en Konkco in 2019. Hierdie gevegte is dus ’n goeie geleentheid om ’n bietjie roes af te skud, hoewel die jonger vegters hulle sekerlik ’n goeie toets sal verskaf.

Budler sou verlede maand sy terugkeer tot die kryt gemaak het, maar Hamid Kwata, sy teenstander uit Tanzanië, kon nie die gewigsgrens haal nie en die geveg is afgestel.

Budler boks deesdae as ligvlieggewig en Konkco steeds as strooigewig. – Sportredaksie

Meer oor:  Simpiwe Konkco  |  Boks  |  Hekkie Budler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.