Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jordan se Nike-tekkies behaal rekordprys
Die voormalige NBA-ster Michael Jordan is een van die bekendste gesigte in Amerikaanse sport. Foto: Getty Images

Die basketbal-legende Michael Jordan se getekende tekkies van 1985 is op ’n aanlyn veiling vir ’n rekordbedrag van $560 000 (R10,3 miljoen) opgeraap.

Sotheby’s het verwag die Nike Air Jordan 1-tekkies, wat die Amerikaanse NBA-ster gedra het in sy eerste seisoen saam met die Chicago Bulls, sou tussen $100 00 en $150 000 haal.

Die vorige rekord was $437 500 vir ’n paar van Nike se 1972-Moon Shoes-hardloopskoene.

Die Nike Air Jordan 1-tekkies wat ’n rekordprys behaal het. Foto: Reuters

Die paar skoene, soos die meeste van die tekkies wat Jordan gedra het, was in wanverhouding, met ’n grootte-13 aan sy linkervoet en ’n grootte-13,5 aan sy regtervoet.

Die Air Jordan 1-tekkies is verkoop deur die versamelaar Jordan Geller, die stigter van die Shoezeum-skoenmuseum in Las Vegas.

Die veiling val saam met die 35ste herdenking van die Air Jordan-handelsnaam en die beeldsend van die ESPN-dokumentêr The Last Dance wat handel oor die Chicago Bulls en Jordan. Die reeks is op Netflix beskikbaar.

– Reuters

Meer oor:  Basketbal  |  Nike  |  Nba  |  Michael Jordan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.