
Anthony Joshua van Brittanje kan dalk op die ondersteuning van 1 000 toeskouers staatmaak wanneer hy sy titels op 12 Desember in Londen teen Kubrat Pulev van Boelgarye verdedig. Foto: Getty Images
Die kans is goed dat 1 000 toeskouers die swaargewig-titelgeveg tussen Anthony Joshua en Kubrat Pulev op 12 Desember in Londen sal kan bywoon.
Brittanje se inperkings word op 2 Desember verlig en daarvolgens mag 1 000 toeskouers dan ’n binnenshuise sportbyeenkoms bywoon.
Joshua verdedig sy swaargewigtitels van die Wêreldboksverenging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksfederasie en Internasionale Boksorganisasie op 12 Desember in die O2-arena teen Pulev.
Eddie Hearn, promotor van die geveg, het via Twitter gesê hy hoop om so gou moontlik bevestiging van die Britse regering te kry oor die getal toeskouers wat sy toernooi mag bywoon.