Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Joshua moet ‘dans’ as hy 4 titels wil wen

As Anthony Joshua hierdie naweek sy lyf Floyd Mayweather hou, kan hy weer vier swaargewigtitels wen.

Joshua pak Andy Ruiz van Mexiko Saterdag in Diriyah, Saoedi-Arabië in ’n poging om die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksfederasie en Internasionale Boksorganisasie se titels terug te wen.

Reg vir die groot geveg tussen die duine! Andy Ruiz en Anthony Joshua poseer hierdie week voor hul geveg Saterdag in Diriyah, Saoedi-Arabië. In die middel is die promotor Eddie Hearn. Foto: Reuters

Ruiz het die Brit in Junie in New York behoorlik afgestof om hom ’n verrassende nederlaag toe te dien toe hy as instaan-teenstander sy kans aangegryp het.

Hasim Rahman, wat in 2001 ook vir ’n opskudding gesorg het toe hy Lennox Lewis as kampioen onttroon het, het hierdie week gesê die enigste manier hoe Joshua kan wen, is as hy dans.

“Joshua kan wen as hy dit ’n vervelige geveg maak. As hy dit ’n opwindende geveg maak, gaan hy weer uitgeslaan word,” het Rahman aan Boxing Scene gesê.

Die korter Ruiz verwag ook dat Joshua sy lyf Mayweather gaan hou.

Mayweather, ’n voormalige weltergewigkampioen, was daarvoor bekend dat hy sy veiligheid eerste gestel het en verskeie van sy gevegte was soms bra vervelig.

“Ek weet hy (Joshua) sal probeer boks en my met sy reguitlinker op ’n afstand probeer hou,” het Ruiz aan The Guardian gesê.

“Ek sal probeer om naby hom te kom, kombinasies te slaan en ek sal ook probeer om eerste te slaan.”

Dit is presies wat Rahman destyds in sy herontmoeting met Lewis ook probeer doen het. En toe word hy self uitgeslaan.

Rahman verwag egter nie dat Joshua sommer vir Ruiz gaan uitslaan nie. Hy dink die Brit gaan dans en met punte probeer wen.

Twee van Joshua se vorige slagoffers – Alexander Povetkin en Eric Molina – boks terloops in die voorprogram.

Povetkin takel Michael Hunter, wat deur die einste Rahman afgerig word.

Povetkin het Rahman nog in 2012 met ’n tegniese uitklophou in die tweede ronde verslaan.

Molina kom teen Filip Hrgovic van Kroasië te staan.

Meer oor:  Boks  |  Andy Ruiz  |  Anthony Joshua
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.