Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Joshua moet Fransman nie gering skat

Boks op ’n afstand en wen redelik maklik.

Dit sal ’n verrassing wees as Takan daarin kan slaag om Joshua te klop. Maar dit sal ook ’n verrassing wees as hy nie ’n goeie geveg opsit nie.Foto: Getty Images

Dít behoort die resep vir die Brit Anthony Joshua te wees wanneer hy Saterdagaand in Cardiff, Wallis, sy swaargewigtitels van die Internasionale Boksfederasie, Internasionale Boksorganisasie en Wêreldboksvereniging teen Carlos Takam van Frankryk verdedig.

Indien Joshua egter sy uitdager gaan lig ag en besluit om teen hom te staan en baklei, kan hy dit berou.

Die 36-jarige Takam is ’n redelike harde koejawel wat op sy beste is wanneer hy teenstanders met haakhoue teen die lyf sagmaak.

Hy het hierdie week ook aan The Guardian gesê hy dink sy handspoed sal hom help om ’n goeie vertoning teen Joshua te lewer.

Maar om eerlik te wees, sy handspoed is dalk nie so indrukwekkend soos Joshua s’n nie.

Joshua sê mense kom kyk na sy gevegte, want hulle weet hulle gaan “ ’n bietjie bloed” en “uitklophoue” sien.

Anthony Joshua se ondersteuners hoop hy sal Saterdagaand in Wallis vir vuurwerke sorg wanneer hy teen Carlos Takam boks. Foto: Getty Images

Ná sy indrukwekkende oorwinning vroeër vanjaar oor Wladimir Klitschko kan ’n mens nie juis met hom daaroor stry nie.

Dit was tog ’n verrassing om te hoor Joshua het glo aan die promotor Eddie Hearn gesê hy sien daarna uit om teen Takam te boks, want dit kan ’n “prettige geveg” wees.

Dit was toe Hearn hom vertel het Kubrat Pulev moes weens ’n besering onttrek en Takam is sy nuwe teenstander.

’n Prettig geveg? Dalk moes Joshua eers met manne soos Frans Botha, Michael Sprott, Tony Thompson en Michael Grant gesels het voordat hy Takam as ligte vermaak afgemaak het.

Takam het hulle almal geklop en al het die gedugte Alexander Povetkin hom verslaan, het hy geweet hy was in ’n geveg.

Joshua se landgenoot Dillian White boks in die hoofvoorgeveg teen Robert Helenius van Finland.

Volgens Hearn sal die wenner hopelik vroeg volgende jaar teen die Wêreldboksraad se kampioen, Deontay Wilder, baklei.

Die wenner van daardie geveg sal dan teen Joshua te staan kom.

Maar nou ja, dan sal Joshua eers met Takam moet afreken.

En Wilder sal sy geveg op 4 November teen Bermane Stiverne moet wen.

Meer oor:  Boks  |  Swaargewig  |  Anthony Joshua
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.