Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Skaatsplankryer wys slag in Brasilië
Jean-Marc Johannes in aksie by die Straatliga-reeks in ’n binnenshuise arena in Los Angeles. Foto: Shane Adams

Die Kaapse skaatsplankryer Jean-Marc Johannes neem vandeesweek in Brasilië deel om verdere kwalifiserende punte vir die Olimpiese Spele in te samel.

Die derde ronde van die internasionale “straatliga” in São Paulo word beskou as die Wêreldbyeenkoms en die wêreld se bestes is in aksie.

“Straat”-skaatsplankry is op die been gebring deur die voormalige beroepsryer Rob Dyrdek.

Skaatsplankry maak volgende jaar sy debuut by die Spele in Tokio, Japan, en Johannes hoop die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) sal hom kies.

Jean-Marc Johannes / Foto: Shane Adams

Johannes (28) het reeds genoeg ranglyspunte ingesamel om vir die Spele te kwalifiseer.

“Ek is opgewonde om tans reeds hoër gekwalifiseer te wees as die beste straatryers in die wêreld.

“Ek sal die geleentheid gebruik om bykomende Olimpiese punte in te samel,” sê Johannes in ’n verklaring.

“Die Wêreldbyeenkoms is ’n belangrike stap in die tweede seisoen van Olimpiese kwalifisering.”

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.