Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumi kan ten volle herstel, meen Bernie
Michael Schumacher het sewe F1-wêreldtitels in sy roemryke loopbaan verower. Foto: Getty Images

Bernie Ecclestone, voormalige grootbaas van Formule Een, glo daar is steeds ’n sterk moontlikheid dat Michael Schumacher ten volle sal herstel.

Stuff berig Ecclestone het die uitlating gemaak in ’n nuwe dokumentêre program Schumacher, wat oor die F1-legende handel.

Bernie Ecclestone, voormalige grootbaas van F1. Foto: Getty Images

Baie min inligting is bekend oor die 50-jarige Duitser se gesondheid sedert hy in ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe in Desember 2013 ernstige breinbeserings opgedoen het.

Maar Ecclestone hou vol dat die sewemalige wêreldkampioen nog ten volle gaan herstel.

“Hy is nie op die oomblik met ons nie, maar wanneer hy gesond is, sal hy al die vrae beantwoord,” sê Ecclestone in ’n lokprent wat vandeesweek in die Duitse media bekend gestel is.

Schumacher is met die goedkeuring van die motorsportikoon se vrou, Corinna, asook sy groter familie – onder wie sy F2-renjaer-seun, Mick Schumacher – gemaak.

Die dokumentêr bevat glo eksklusiewe onderhoude met familielede en vriende.

Corinna Schumacher, Michael se vrou. Foto: Getty Images

In Schumacher word ook besonderhede oor die ski-ongeluk in 2013, sy suksesvolle loopbaan en sy unieke leefstyl verskaf.

Die dokumentêr word in Desember in Duitssprekende gebiede uitgereik, terwyl die uitsaairegte vir die buiteland nog nie verkoop is nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Motorsport  |  Bernie Ecclestone  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.