Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kanadese Grand Prix wéér afgelas

Die Kanadese Grand Prix, wat op 13 Junie by die Circuit Gilles Villeneuve in Montreal sou plaasvind, is vir die tweede jaar agtereenvolgens afgelas, het CBC Radio berig.

Die Kanadese Grand Prix is waarskynlik vir ’n tweede jaar agtereenvolgens van die baan. Foto: Getty Images

Formule Een-base het egter nog nie moed opgegee dat die wedren kan plaasvind nie en sê hulle is steeds in onderhandelinge met die Kanadese regering betrokke.

’n Nuwe variant van Covid-19 versprei tans vinnig in Kanada en die land sukkel om ’n derde vlaag van die virus onder beheer te bring. Gesondheidsowerhede in Montreal het dus besluit die risiko is te groot, al sou die wedren sonder toeskouers plaasgevind het.

F1-beamptes wou glo die verpligte kwarantyn van 14 dae vir sy honderde personeel, renjaers en hul spanlede omseil en staatmaak op privaat medici, met die wedren-naweek wat in ’n bioborrel sal plaasvind.

Die wedren is geskeduleer om direk ná 6 Junie se Grand Prix in Bakoe, Azerbeidjan, plaas te vind.

Kanada het van die strengste reismaatreëls ter wêreld en verplig sy inwoners wat van oorsee af in die land aankom om 14 dae in kwarantyn deur te bring.

Oorsese reisigers moet vir tot drie dae in ’n hotel in kwarantyn deurbring.

Turkye staan glo gereed om dié Grand Prix aan te bied indien F1 en Kanada nie ’n ooreenkoms kan bereik nie.

F1-jaers sal intussen Sondag by Imola in Italië vir die tweede wedren van die nuwe seisoen aantree.

Lewis Hamilton (Mercedes), die sewemalige wêreldkampioen, sal die witwarm gunsteling wees om in die Emilia Romagna-Grand Prix ook eerste verby die geruite vlag te jaag. Dié Brit was verlede maand in die openingsren in Bahrein oudergewoonte baas. – Reuters

Meer oor:  F1  |  Koronavirus  |  Motorsport  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.