Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Karla lei haar Aussie-netbalspan

’n Groot eer het Karla Pretorius, onderkaptein van die Suid-Afrikaanse netbalspan, te beurt geval.

Dié ster-verdediger is as kaptein van haar Australiese klubspan, Sunshine Coast Lightning, aangewys.

Karla Pretorius en Verity Charles van die West Coast Fever ding mee om balbesit in ’n uitklopeindstryd in verlede jaar se Superliga. Foto: Getty Images

Die span sê op sy webblad die 31-jarige Suid-Afrikaner is ná ’n omvattende keuringsproses deur sy afrigters, spelers en personeellede as sy leier aangewys.

Steph Wood (29), ’n hulpdoel en aanvallende vleuel, is die onderkaptein.

Kylee Byrne, die hoofafrigter, sê sy sien uit daarna om te sien hoe Pretorius en Wood hul rolle sal vertolk.

“Wat Karla en Steph na die span bring, word moeilik in woorde omgesit. Hulle lei deur hul voorbeeld op die baan en vestig die standaarde vir die res van die groep, maar sorg terselfdertyd vir ’n oop, inklusiewe kultuur,” sê Byrne.

“Hulle het verskillende leierskapstyle, wat ek dink mekaar baie goed aanvul. Ek glo vas hulle sal ons klub vorentoe neem in ons vyfde jaar in die Superliga.

“Karla het ’n uitstekende paar jaar gehad, maar ek het ook gesien hoe sy as ’n leier ontwikkel en haar stem vind.

Dié klub het ’n spesiale plek in my hart en ek voel geërd om die kaptein te wees van so ’n ongelooflike groep mense.

“As ’n speler en persoon kry sy dadelik respek van almal om haar en sy verdien beslis die kapteinsrol,” sê Byrne.

Pretorius sê op die webblad sy voel geëerd.

“Dié klub het ’n spesiale plek in my hart en ek voel geërd om die kaptein te wees van so ’n ongelooflike groep mense,” sê Pretorius.

“As ’n span is dit belangrik dat almal se stem gehoor word, want dan voel almal waardevol. So kan ons ’n omgewing skep waar almal na die beste van hul vermoë kan presteer. Dít is hoe ek my rol sien.”

Die Melbourne Vixens het verlede jaar hul eerste titel gewen. Die Lightning was in 2017 en 2018 die kampioen onder Noeline Taurua se afrigting.

Die Lightning begin sy 2021-seisoen op 1 Mei teen die Collingwood Magpies in Melbourne.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.