Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘King Carlos’ se geveg ook in SA te sien

Boksaanhangers in Suid-Afrika kan hierdie naweek weer vir ’n slag na ’n regstreekse boksuitsending kyk.

Carlos Molina boks Saterdag in Mexiko. Foto: Getty Images

Dit sal plaaslike kykers ongeveer R88 kos om Saterdag via ’n Facebook-betaalkanaal na die voormalige internasionale boksfederasie se super-weltergewigkampioen “King” Carlos Molina se geveg teen Michi Munoz te kyk.

Molina se geveg is een van vyf wat sy eie King Carlos Promotions in Pátzcuaro in die Mexikaanse staat Michoacán aanbied.

Dié toernooi sou aanvanklik op 23 Mei plaasgevind het, maar is eers tot 30 Mei en toe tot Saterdag uitgestel.

Die vertraging was omdat daar eers probleme rondom die uitsending van die toernooi en gesondheidsmaatreëls uitgesorteer moes word.

Daar sal geen toeskouers by die toernooi toegelaat word nie.

Molina is op 37-jarige ouderdom nie juis meer in die fleur van sy loopbaan nie.

Hy het sy teenstander egter goed uitgekies. Munoz is twee jaar ouer as hy en kon net een van sy laaste ses gevegte wen.

In die hoofvoorgeveg kom die liggewigte Denilson Jair Valtierra en Aurelio Hernandez teen mekaar te staan.

Die plakkaat wat Carlos Molina se geveg adverteer. Foto: Facebook

* Vir diegene wat meer in die ronnebôl-sport belangstel, is daar ook goeie nuus.

SuperSport het aangekondig dat hy ’n rits sokkerwedstryde sal uitsaai wanneer die Engelse Premierliga, Spaanse La Liga en Italiaanse Serie A eersdaags hervat.

Die Premierliga begin weer volgende naweek en 92 wedstryde moet nog gespeel word om die seisoen te voltooi.

In Spanje begin die La Liga op 11 Junie en daar sal tot en met 12 Julie elke dag ’n wedstryd beslis word. Die 20 klubs in dié liga sal dan op 15 en 19 Julie terselfdertyd hul laaste twee kragmetings speel.

Italië se Serie A sal op 20 Junie weer die bal aan die rol kry.

Benewens sokker, sal die Amerikaanse PGA-gholfreeks ook weer volgende week hervat.

* Kry hier meer inligting oor die uitsending van die bokstoernooi:

FaceFIGHTNIGHTLIVE

KingCarlosPromotions


Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.