Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
King Kong wil die naweek weer brul

King Kong behoort die naweek weer te brul en op sy borskas met sy groot vuiste tamboer te speel.

Dit het die afgelope paar jaar ’n bekende toneel geword om die Kubaanse swaargewig-bokser Luis Ortiz, wie se bynaam King Kong is, soos die rolprent-gorilla te sien tekere gaan wanneer hy nog ’n teenstander droomland toe gestuur het.

Saterdag boks die 41-jarige Ortiz in die Microsoft-teater in Los Angeles teen die 30-jarige Alexander Flores van Amerika.

Vir Flores, wat twee jaar gelede nie eens drie rondes teen die voormalige Wêreldboksorganisasie-kampioen Joseph Parker kon staande bly nie, wag daar waarskynlik ’n groot pak slae.

Luis Ortiz staan nie verniet as King Kong bekend nie. Nes die groot gorilla van die flieks kan hy nogal amok saai. Foto: Getty Images

Die enigste bokser wat in 33 gevegte in die geldkryt daarin kon slaag om Ortiz te klop, was die voormalige Wêreldboksraad-kampioen, Deontay Wilder.

Wilder het dit twee keer reggekry, maar hy was in albei daardie gevegte agter op punte en soms erg in die moeilikheid voordat hy sy donderweer kon gooi.

Alexander Flores sal dalk nog spyt wees dat hy dit in dieselfde kryt as Luis Ortiz gaan waag. Foto: Getty Images

“Ek was besig om vir Wilder pak te gee tot ek ’n fout of twee gemaak het,” is hoe Ortiz sy nederlae teen Wilder hierdie week aan The Ring beskryf het.

Ortiz het ook gesê hy wil Flores uit die pad vee sodat hy weer “saam met die ander elite-swaargewigte in die prentjie kan wees vir ’n titelkans”.

Vir die huidige kampioene, Anthony Joshua en Tyson Fury, sien hy beslis kans.

“Anthony Joshua is ’n mak katjie wat te bang is om teen my te boks en ek weet wat ek met Tyson Fury sal kan doen as hy dit sou waag om teen my in die kryt te klim,” het Ortiz gesê.

Daar is nog drie ander swaargewig-gevegte op die program vir Saterdag in die Microsoft-teater.

Frank Sanchez boks teen Brian Howard, Michael Coffie teen Joey Abell en Carlos Negron teen Rafael Rios.

Meer oor:  Boks  |  Luis Ortiz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.