Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kipchoge slaan Siya se hand in die as

Die Keniaanse langasem Eliud Kipchoge het die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, se hand Sondag in die as geslaan by die BBC se Sportpersoonlikheid van die Jaar-geleentheid.

Eliud Kipchoge. Foto: Getty Images

Kipchoge is as die Wêreldster van die Jaar bekroon nadat hy die meeste stemme in ’n aanlyn stemproses gekry het. Hy was benoem saam met Kolisi, die gholflegende Tiger Woods, die Aussie-krieketster Steve Smith en die uitgesproke Amerikaanse sokkerspeler Megan Rapinoe.

Die Keniaan het die meeste stemme op hom verenig vir ’n prestasie wat niemand voor hom kon behaal nie. Kipchoge het in Oktober die eerste mens tot nog toe geword wat die marathon-afstand van 42.2 km in minder as twee ure kon aflê.

In toestande wat gemanipuleer is om die beste moontlike tyd op te lewer het Kipchoge ná 1 uur en 59.40 oor die eindstreep gehardloop. Dit is die vinnigste marathon-tyd tot dusver, maar is nie as ’n wêreldrekord erken nie omdat Kipchoge saam met roterende groepe pasaangeërs gehardloop het.

Siya Kolisi. Foto: Getty Images

Kolisi is benoem vir sy geskiedkundige rol as eerste swart kaptein wat rugby se Wêreldbeker lig, Woods vir die verowering van sy eerste major-titel in elf jaar by die Amerikaanse Meesterstoernooi in April, Smith vir sy wonderlike kolfpeil sedert hy teruggekeer het van ’n jaar lange skorsing en Rapinoe vir haar rol as kaptein van die Amerikaanse span wat die Wêreldbeker gewen het. – Sportredaksie

Meer oor:  Atletiek  |  Toetsrugby  |  Siya Kolisi  |  Bbc  |  Eliud Kipchoge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.