Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kirsty moet sport in Zim rergruk

Kirsty Coventry, die goue meisie van Zimbabwiese swem, is deur pres. Emmerson Mnangagwa as Zimbabwe se nuwe minister van jeug, sport, kuns en ontspanning aangestel.

Kirsty Coventry. Foto: Getty Images

Coventry, 34, het twee goue medaljes in die 200-rugslag op die Olimpiese Spele van 2004 en 2008 gewen, asook vier silwermedaljes en ’n brons, die meeste ooit deur ’n atleet van Afrika.

Coventry het ná die Spele van 2016 in Rio de Janeiro uitgetree nadat sy sewe van Zimbabwe se agt medaljes op ’n Spele gewen het.
Die vroue-hokkiespan het die enigste ander medalje (goud) in 1980 op die Spele in Moskou gewen.

Coventry het ’n reuse taak wat wag.  Die land se twee belangrikste sportsoorte, sokker en krieket, is op hul knieë vanweë finansiële wanbestuur en korrupsie, wat algemeen onder pres. Robert Mugabe voorgekom het. – Sportredaksie

Meer oor:  Swem  |  Kirsty Coventry  |  Minister Van Sport  |  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.