Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kiwi-netbal soek antwoorde oor blaser

Netbalskeidsregters is nie net in Suid-Afrika in die spervuur nie.

Dit blyk dit is ’n kwessie wat besig is om oor te kook.

Noeline Taurua, afrigter van die Nieu-Seelandse netbalspan.Foto: Getty Images

Soos in die meeste sportsoorte, is netbalafrigters versigtig om ’n skeidsregter te kritiseer, maar Noeline Taurua, breier van Nieu-Seeland, het verlede maand nie gehuiwer om mond uit te spoel nie.

Sy was siedend oor die vertoning van Joan Yuliani van Singapoer in die laaste toets in die Constellationbeker-reeks teen Australië.

Die Silwervarings het teruggeveg, maar met 46-53 verloor – die toets asook die reeks.

Skysports berig Netbal Nieu-Seeland (NNS) gaan ’n amptelike skrywe aan die Internasionale Netbalfederasie (INF) rig.

Taurua-hulle soek ’n verduideliking, want Yuliani was nie deel van die skeidsregters vir die vorige drie toetse in die reeks nie.

Albei spanne het swaar onder die straffluitjie deurgeloop. Nieu-Seeland is 66 keer gestraf en Australië 62 keer. Die Kiwi’s is in die vorige toetse net 40 keer geblaas.

Zanele Mdodana gesels met haar Matie-spelers tydens die Varsitybeker-eindstryd teen Tuks in Pretoria.Foto: Saspa

Op plaaslike bodem was daar groot ontevredenheid oor die plasing van twee Gautengse blasers vir die Varsitybeker-eindstryd tussen Tuks en die Maties, wat verlede maand in Pretoria beslis is.

Die Stellenbossers meen die blasers het die tuisspan voorgetrek.

Zanele Mdodana, hul afrigter, het in lang telefoongesprekke met Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA), en Annie Kloppers, die skeidsregterbaas, haar besware geopper.

Maties Netbal het nog nie besluit of hy ’n amptelike skrywe aan Varsity Sports gaan rig nie.

Meer oor:  Netbal  |  Constellationbeker-Reeks  |  Singapoer  |  Joan Yuliani  |  Nieu-Seeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.