Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Koes vir die stoomloko-motief, Luis
Dis hierdie naweek die Bronze Bomber teen King Kong! Deontay Wilder verdedig sy WBR-swaargewigtitel Sondagoggend (SA tyd) weer teen Luis Ortiz. Foto: Getty Images

Die Kubaanse bokser Luis Ortiz beter onthou hoe om te koes anders gaan sy geveg dié naweek teen die Amerikaner Deontay Wilder nie lank duur nie.

Wilder verdedig sy swaargewigtitel van die Wêreldboksraad (WBR) Sondagoggend (SA tyd) in die MGM Grand-arena in Las Vegas teen Ortiz.

Hoewel dié twee vegters mekaar verlede jaar om die beurt flenters geslaan het voordat Wilder met ’n tegniese uitklophou in die tiende ronde kon wen, vertel die geskiedenis sy eie verhaal.

En dít is dat Wilder nie tyd mors wanneer hy ’n tweede keer teen iemand boks nie.

In 2015 kon Wilder net met punte oor 12 rondes teen Bermane Stiverne wen. Twee jaar later het Wilder Stiverne binne ’n ronde verpletter.

Ek glo hy sal hierdie keer baie makliker wen as wat hy die vorige keer gewen het.
David Haye

“Ek glo hy sal hierdie keer baie makliker wen as wat hy die vorige keer gewen het,” het David Haye, ’n voormalige swaargewigkampioen, hierdie week aan skysports.com voorspel.

Haye voel ook dat Wilder nou weet hy kan Ortiz klop en hy weet presies hoe om dit te doen. Wilder weet ook dat Ortiz hom nie kon uitslaan nie.

Die feit is ook dat Ortiz in sy laaste geveg in Maart vanjaar teen Christian Hammer net met punte oor tien rondes kon wen.

In sy vorige geveg het Wilder Dominic Breazeale in die eerste ronde uitgeslaan. Foto: Getty Images

Hammer is geen wêreldkampioen nie, maar Ortiz moes uithaal om hom te verslaan.

Op 40-jarige ouderdom (volgens gerugte is hy ouer as dit) is Ortiz se boksloopbaan dalk nou naby die einde.

En as hy teen Wilder vergeet hoe om te koes, kan die einde sommer baie vroeg al aanbreek.

Soos die voormalige swaargewigkampioen George Foreman aan boxingnews24.com gesê het: “Wilder se regterhand is soos ’n stoomlokomotief en as jy nie kan koes nie, beter jy nie saam met hom in die kryt klim nie.”

Wilder spog met die beste uitklop-persentasie van alle swaargewigboksers tot nog toe.

Sy uitklop-persentasie is 95%. Vitali Klitschko s’n was 87%, Foreman s’n 84% en Mike Tyson s’n 76%.

Ortiz moes in sy vorige geveg tien rondes spook om Christian Hammer met punte te verslaan.Foto: Getty Images

Wilder is nog onoorwonne ná 42 gevegte, waarin hy 40 uitklophoue geplant het. Die enigste “klad” op sy rekord is die gelykop-uitslag waarmee hy verlede jaar teen Tyson Fury tevrede moes wees.

Ortiz spog self met 26 uitklophoue in 32 gevegte. Sy pak slae verlede jaar teen Wilder is die enigste sover op sy rekord.

* Die toernooi word Sondagoggend van 04:00 op SuperSport 1 en 5 uitgesaai.

Kyk hier na hoogtepunte uit die twee se brutale eerste geveg: 

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Luis Ortiz  |  Kuba  |  Vsa  |  Boks  |  Swaargewig  |  Titelgeveg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.