Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Kom ons hou puik Spele – mét die virus’

Maak vrede met die koronavirus.

Organiseerders berei voor om volgende jaar die Olimpiese Spele in Tokio aan te bied, selfs al is die Covid-19-pandemie nog nie in bedwang nie.

Tokio se Skytree-toring is ’n nuwe borg van die Olimpiese Spele. Foto: Getty Images

Só het Tosjiro Moeto, uitvoerende hoof van die Tokio-reëlingskomitee, vandeesweek gesê.

Die Spele in Japan sou Vrydag begin het, maar is weens die pandemie met ’n jaar uitgestel.

Sedertdien word die reëlings en die byeenkoms heeltyd aangepas om seker te maak dat dié sportskouspel in Julie 2021 veilig vir sportlui, beamptes en toeskouers sal wees.

Die Spele-program is die naweek bekend gemaak.

Moeto sê hulle hoop dat die bedreiging van die virus teen daardie tyd onder beheer sal wees, maar niemand weet hoe die situasie dan sal lyk nie.

Die openingseremonie sal op 23 Julie plaasvind en hy sê hulle neem aan dat die koronavirus dan steeds ’n groot probleem sal wees.

“Dit is tans moeilik om aan te neem dat die virus dan onder beheer sal wees. Maar as ons die Spele kan aanbied – mét die koronavirus – sal Tokio die maatstaf vir die volgende Olimpiese Spele en alle groot sportbyeenkomste daarna wees.

Ons beoog ’n nalatenskap dat die mensdom enigiets kan oorwin.
Tosjiro Moeto

“Ons beoog ’n nalatenskap dat die mensdom enigiets kan oorwin.”

Die uitstel van die Spele beteken egter dat die koste daaraan verbonde oplaai.

Tosjiro Moeto, die uitvoerende hoof van die Tokio-reëlingskomitee. Foto: Getty Images

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) sê sy deel van die koste sal sowat $800 miljoen (sowat R13,1 miljard) wees. Moeto sê Japan se koste sal eers in Desember bekend wees, maar hy hoop dat nuwe borge Tokio – selfs in hierdie moeilike ekonomiese omstandighede – sal help.

“Ek weet maatskappye sukkel, maar daar is steeds firmas wat na vore kom en sê hulle wil die Spele borg,” sê Moeto.

Hy is hoopvol dat die bestaande borge hul kontrakte tot volgende jaar sal verleng.

Die reëlingskomitee het Woensdag bekend gemaak dat Tokio se Skytree, die hoogste toring in die wêreld, ’n nuwe borg is.

Moeto sê nuwe borge sal later bekend gemaak word.

Spele-organiseerders hou Donderdag ’n geleentheid wanneer dit presies een jaar voor die Spele is. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio  |  Japan  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.