Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
'Kommunikasie bemoeilik vriendskap'
Michael Schumacher behou die rekord vir die meeste F1-wêreldtitels. Foto: Getty Images

Jean Todt, voormalige grootbaas van Ferrari, het nie goeie nuus om te deel oor Michael Schumacher se gesondheid nie.

Todt is steeds een van die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen se beste vriende. Hy was vandeesweek deel van ’n spesiale huldeblyk aan Schumacher by die Goodwood Festival of Speed in West Sussex, Engeland.

Stuff berig Todt sê hy is hartseer om te aanvaar dat sy vriendskap met Schumacher nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Nuus oor die Duitser se gesondheid is skaars, maar Todt sê Schumacher sit die stryd voort terwyl sy gesin goed na hom omsien.

“Sy gesin baklei net so hard soos hy, maar natuurlik kan ons vriendskap nie dieselfde bly as voorheen nie, want kommunikasie ontbreek,” sê hy.

Baie min inligting is bekend oor die 50-jarige Schumacher se toestand sedert hy in Desember 2013 ernstige breinbeserings in ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe opgedoen het.

“Al wat ek kan sê is dat sy gesin hom goed versorg en hy baklei steeds hard,” sê Todt.

Luca Badoer, ’n voormalige kollega van Schumacher by Ferrari, het onthul die motorsportlegende se toestand laat nie toe vir baie besoekers nie.

“Net ’n handjievol mense word toegelaat om Schumacher te besoek,” sê hy.

“Sy vrou, Corinna, besluit wie hom mag sien.”

Michael Schumacher en sy vrou, Corinna, in Januarie 2010. Foto: Getty Images

Rubens Barrichello, ’n voormalige Ferrari-spanmaat, sê hy is toegang tot Schumacher geweier.

“Ek het een keer probeer, maar sy gesin het geweier,” sê hy.

“Hulle het gesê ‘dit sal nie jou of hom baat nie’, en dit was dit.”

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Motorsport  |  Jean Todt  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.