Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Koning Lewis dra 7de keer F1-kroon
Sewe van die bestes. Lewis Hamilton word verdwerg nadat hy Sondag die Turkse Formule Een-Grand Prix gewen het. Sergio Perez (regs) van Racing Point, wat Hamilton met sjampanje bespuit, was tweede. Foto: Getty Images

Die woorde “Still I Rise” is tussen die skouerblaaie van Lewis Hamilton getatoeëer.

Hamilton (Mercedes) het Sondag nie net die Turkse Formule Een-Grand Prix in Istanbul gewen nie, maar ook Michael Schumacher se rekordgetal van sewe wêreldtitels geëwenaar.

Hamilton (35) word nou allerweë beskou as die suksesvolste renjaer . . . en daar lê nog groter dinge voor.

“Dit voel asof ek net begin het,” het hy ná sy 94ste loopbaanoorwinning gesê, met nog drie renne vanjaar oor.

Voordat vanjaar se seisoen weens die Covid-19-pandemie laat begin het, het Hamilton na die slagspreuk (Still We Rise) op sy nuwe valhelm verwys.

Dit was ’n jaar waarin die Brit Formule Een as platform gebruik het om rassisme te veroordeel en om gelykheid op alle vlakke te probeer bevorder.

Hy is baie ernstig daaroor en sak nie net op een van sy knieë voor renne nie of dra ’n T-hemp met die woorde “Black Lives Matter” daarop om in die kollig te wees nie.

Dis sy absolute passie en hy het reeds ’n kommissie van kundiges daargestel om rassisme in die bek te ruk.

• Die trane het Sondag gerol toe Hamilton op ’n nat en gladde baan verby die geruite vlag gejaag het.

Hy het sesde weggespring en het só oorheers dat hy sy spanmaat en grootste teenstander op die punteleer, Vallterri Bottas, ingehaal en verbygesteek het met nog 12 rondtes oor.

Hamilton het nou meer oorwinnings, meer podiumplekke en meer voorste wegspringposisies as enige ander jaer voor hom behaal.

“Dankie aan almal van julle . . . dié een is vir die kinders wat ook oor die onmoontlike droom. Julle kán dit ook doen,” het ’n betraande Hamilton gesê.

Sergio Perez (Racing Point) was tweede, gevolg deur Sebastian Vettel (Ferrari), Charles Leclerc (Ferrari), Carlos Sainz (McLaren) en Max Verstappen (Red Bull).

Hamilton het 31.6 sekondes voor Perez geëindig.

“Sewe wêreldtitels was byna onmoontlik, maar wanneer jy saam met sulke bekwame mense werk en mekaar rêrig vertrou, dan is daar geen perke nie.

“Dit gaan nie net oor titels nie . . . vanselfsprekend is dit belangrik om te wen, maar dit is nie die heel belangrikste nie,” het Hamilton gesê.

• Die Bahreinse Grand Prix die komende naweek is volgende op die program. – Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.