Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Koningin van Nürburgring’ (51) sterf

Die voormalige renjaer Sabine Schmitz, die “Koningin van die Nürburgring” en ’n aanbieder van die gewilde BBC Top Gear-televisieprogram, is in die ouderdom van 51 jaar oorlede.

Die Duitse motorsportlegende Sabine Schmitz is oorlede. Foto: Facebook / Sabine Schmitz Motorsport

Die Duitse renbaan het Woensdag aangekondig dat hy sy “beroemdste vroue-renjaer verloor het”.

Schmitz, die eerste en enigste vrou om die uitdagende Nürburgring 24 Hours-wedren te wen, het verlede jaar bekend gemaak dat kanker in 2017 by haar gediagnoseer is.

“Sabine Schmitz is is heeltemal te vroeg dood nadat sy lank siek was. Ons sal haar en haar opgewekte geaardheid mis. Rus in vrede, Sabine,” sê die Nürburgring op Twitter.

Schmitz het naby die Nürburgring grootgeword en is sinoniem met die Nordschleife – die uitdagende 20,8 km-baan wat as die taaiste ter wêreld beskou word.

Sy het die 24 Hours-wedren in 1996 en 1997 in ’n BMW M3 gewen.

Schmitz het later as die “Koningin van die Nürburgring” bekend gestaan vir al die passasiersritte wat sy daar onderneem het en sy het geskat dat sy meer as 20 000 ritte om die baan voltooi het.

Haar verskyning op Top Gear in 2004 het groot byval gevind toe sy in ’n paneelwa om die baan gery het en sy is in 2016 saam met Chris Evans as ’n aanbieder van dié program aangestel.

BBC berig Sondag se episode van Top Gear word aan haar opgedra.

“Sabine was sedert 2016 ’n geliefde lid van die Top Gear-familie en almal wat die voorreg gehad het om saam met haar te werk, is geskok oor haar afsterwe,” sê Clare Pizey, die program se uitvoerende vervaardiger.

Die Top Gear-aanbieder Chris Harris sê Schmitz was ’n “wonderlike, kragtige en skreeusnaakse mens”.

Die program se voormalige aanbieder Jeremy Clarkson het ook ’n huldeblyk aan Schmitz gelewer en op Twitter geskryf: “Aaklige nuus oor Sabine Schmitz. So ’n vrolike persoon vol grappies.”

Formula Een sê Schmitz het ’n nuwe generasie van motorsport-entoesiaste aangespoor.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Jeremy Clarkson  |  Sabine Schmitz  |  Motorsport  |  Top Gear
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.