Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Koronavirus gee Klitschko dwarsklap

Die voormalige swaargewigbokskampioen Vitali Klitschko is positief getoets vir die koronavirus en is in selfisolasie by sy huis.

Die voormalige bokskampioen Vitali Klitschko. Foto: Getty Images

Klitschko (49), wat deesdae die burgemeester van Kiif in Oekraïne is, het dié nuus op sy Facebook-blad bekend gemaak.

“Vriende! Die koronavirus het my op die mees ongeleë tyd bekruip. Ek is positief vir Covid-19 getoets,” het Klitscho geskryf.

Volgens hom was hy baie versigtig, maar het hy ook hospitale besoek en dis moontlik dat hy die siekte dalk daar opgetel het.

Klitschko was in sy dae as geldbokser die swaargewigbokskampioen van die Wêreldboksraad en die Wêreldboksorganisasie.

Hy was in 2012 die laaste keer in aksie toe hy Manuel Charr in Moskou in die vierde ronde uitgeslaan het.

Klitschko het onder andere ook vir Corrie Sanders in 2004 met ’n tegniese uitklophou in die agtste ronde in Los Angeles verslaan.

Sy jonger broer, Wladimir (44), was ook ’n swaargewigkampioen van die wêreld. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.