Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Korrupte pluimbal-baas swaar gestraf

Pluimbal se internasionale beheerliggaam (BWF) het ’n raadslid van Mauritius lewenslank geskors én met $50 000 (sowat R693 000) beboet nadat ’n tugkomitee hom aan die wanbesteding van geld, asook ander bedrogklagte skuldig bevind het.

Foto ter illustrasie. Foto: Getty Images

Luidens die klagstaat teen Raj Gaya het hy geld wat die BWF aan Mauritius se pluimbalvereniging (MBA) betaal het vir die bevordering van die sportsoort op die eiland na sy persoonlike rekening gekanaliseer.

Hy is ook daarvan beskuldig dat hy vervalste rekeningkundige state en oordrewe eise vir amptelike uitgawes by die BWF ingedien het.

Luidens ’n verklaring deur die BWF het dié liggaam byvoorbeeld voor die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro (in 2016) altesame $21 485 aan MBA oorgedra, wat aan die Mauritiaanse speler Kate Foo Kune betaal moes word om haar vir die Spele te help voorberei.

Kune is ’n veelmalige Afrika-enkelspelkampioen en was Mauritius se vlagdraer in Rio.

Kune het egter getuig dat sy slegs $1 100 van hierdie geld gekry het en dít boonop nadat sy “gedwing is om Gaya te teister”.

Gaya was sedert 1999 ’n raadslid van BWF, MBA, asook die Afrika-beheerliggaam vir pluimbal.

* In Mei vanjaar is twee Maleisiese spelers onderskeidelik vir 15 en 20 jaar weens wedstrydknoeiery geskors. 

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Pluimbal  |  Raj Gaya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.