Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kovsies kan Maties se planne ontwrig

Die Maties hunker na ’n eerste Varsitybeker-netbaltitel in hul eeufeesjaar.

Hulle is tans derde op die puntelys met 17 punte ná drie oorwinnings in vier wedstryde.

Die Kovsie-doel Alicia Puren was sover ’n uitblinker vir haar span. Die Bloemfonteiners het verlede Maandagaand op hul tuisbaan met 92-46 met die UWK afgereken. Foto: Varsity Sports

Dit is seker nie ’n slegte posisie nie. Die Stellenbossers se groot vuurdoop wag egter Sondag en Maandag.

Hulle het darem die tuisvoordeel wanneer hulle die Noordwes-Universiteit én die Universiteit van die Vrystaat die stryd aansê.

’n Aksiebelaaide program wag wanneer al agt Varsity-spanne in die Coetzenburg-sentrum in Stellenbosch in aksie is.

Die Kovsies en die Potchefstromers is die enigste twee onoorwonne spanne ná vier wedstryde.

Albei het 20 punte, met die Bloemfonteiners in die eerste plek danksy ’n beter doelgemiddelde.

Albei spanne het twee Varsity-titels agter hul naam.

Albei die Maties se wedstryde kan as hoogtepunte van die week se aksie beskou word.

Die Kovsies moet egter eers Sondagmiddag die Madibaz van die Nelson Mandela-Universiteit uit die pad vee, voordat hulle hul aandag op die tuisspan kan toespits.

Alicia Puren, doel en kaptein van die Kovsies, sê sy is bly hulle pak die Oos-Kapenaars eerste.

“Ons wil nog aan ’n paar kombinasies werk. Die Madibaz is gewoonlik baie fisiek en baklei tot die einde toe. Dit gaan goeie voorbereiding wees vir Maandag se wedstryd teen die Maties,” sê sy.

Die Madibaz se veldtog het goed begin totdat die Tuks hulle verlede naweek hul eerste nederlaag toegedien het – met 67-39.

Die 23-jarige Puren sê die Maties sal ook gretig wees om te wys waaroor hulle beskik.

“Hulle sal ook tot die laaste oomblik speel. Hulle het so goed teen Tuks gespeel, al was hulle agter. Dit was so ’n gelykop-wedstryd. Jy kan nie terugsit teen hulle nie,” sê sy.

Program

Sondag: 13:00: Tuks t. UJ; 14:30: Madibaz t. Kovsies; 16:00: UWK t. VUT; 17:30: Maties t. NWU.

Maandag: 14:30: NWU t. Madibaz; 16:00: Tuks t. VUT; 17:30: UWK t. UJ; 19:00: Maties t. Kovsies.

TV: Sondag: 16:00: UWK t. VUT; 17:30: Maties t. NWU (SS 11).

Meer oor:  Netbal  |  Varsitybeker  |  Varsity-Netbalreeks  |  Kovsies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.