Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kovsies staan breed in Maties se pad

’n Driemalige kampioen staan Maandag breed in die Maties se pad.

Die Stellenbosse netbalspan pak die Kovsies, die Varsitybeker-kampioen van 2013, 2014 en 2018, in die eerste halfeindstryd van die Varsitybeker-reeks.

Sian Moore, hoofdoel van die Maties. Foto: Varsity Sports

Verlede Maandag se nederlaag met 61-65 – ook in die Rosestad – sou ’n wekroep vir die Maties gewees het.

Hulle besef dis ’n wedstryd wat hulle moes wen. Hulle is meer ervare as die tuisspan en die meerderheid van hul groep neem reeds aan hul vierde of vyfde Varsitybeker-veldtog deel.

As hulle die Varsity-trofee wil lig, is 2019 hul beste kans.

Die Kovsies was verlede jaar bobaas toe hulle die Maties in die halfeindronde in Stellenbosch met 56-45 geklop het.

Nichole Taljaard, die Matie-kaptein, sê hulle is oorgehaal om die Kovsies weer op hul tuisbaan te pak.

“Ons het verlede week daarin geslaag om die toeskouers se geraas uit te sny.

“Ons sal nou nog meer moet fokus om dit te doen,” sê sy.

Claudia Jarrard, hoofdoel van die Maties. Foto: Varsity Sports

Zanele Mdodana, die Matie-afrigter, het verlede Maandag verskillende kombinasies beproef en die span kon nie momentum kry nie.

“Sy wou sien hoe verskillende spelers teen die Kovsie-spelers vaar,” sê Taljaard.

Dié hulpdoel sê Sian Moore en Claudia Jarrard is albei ewe akkuraat en sy gee nie om watter hoofdoel saam met haar in die doelsirkel speel nie.

Mdodana sal egter nou haar sterkste span moet kies want daar is nie nog tyd vir proefnemings nie.

Die Maties het reeds vanjaar een trofee deur hul vingers laat glip toe hulle in die Ussa-eindstryd met 33-38 teen die Pukke van die Noordwes-Universiteit vasgeval het.

Gepraat van die Pukke: Ook op hulle wag ’n hoë berg, want hulle moet Tuks in Pretoria pak.

Die Pretoriase studente het die groepfase onoorwonne afgesluit, spog met die beste spelpeil en het ’n spogrekord. Hulle het nog elke jaar die halfeindronde gehaal en was in 2017 die kampioen.

Die Noordwesters kan egter die Pretorianers se wenplanne deurmekaar krap. Veral hul hulpdoelverdediger en kaptein, Monique Reyneke, is ’n doring in die vlees.

Pukke se doelskieters sal wel meer akkuraat moet wees as tot dusver in die reeks as hulle die tuisspan wil kelder.

  • Uitsaaitye: SS10: 17:00: Kovsies t. Maties; 19:00: Tuks t. Pukke.
Meer oor:  Netbal  |  Pukke  |  Maties  |  Bloemfontein  |  Kovsies  |  Tuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.