Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Alonso oorleef ongeluk by Indy 500

Die Spaanse renjaer Fernando Alonso is ongedeerd ná ’n hoëspoed-ongeluk Woensdag tydens oefenrondtes vir die Indianapolis 500-wedren in Amerika.

Die Spaanse renjaer Fernando Alonso. Foto: Getty Images

Alonso, ’n voormalige Formule Een-wêreldkampioen, het stuurtraagheid in sy McLaren Racing Chevrolet ervaar in die derde draai van die beroemde Indianapolis Motor Speedway en die buitenste muur getref.

Sy motor het oor die baan gegly, die binneste reling getref, wéér oor die baan geskiet en die buitenste muur ’n tweede keer getref, voordat dit tot stilstand gekom het.

Alonso is dadelik na die mediese sentrum by die baan geneem, maar is later fiks verklaar om voort te gaan met sy voorbereiding vir aanstaande Sondag se wedren.

Dié 37-jarige Alonso poog om slegs die tweede renjaer in die geskiedenis te word om die “Grand Slam” van motorsport te voltooi.

Dít is seges in die Monaco-F1-Grand Prix, die Le Mans-uithouwedren en die Indy 500. Alonso kort nog net ’n oorwinning in Indianapolis om dié mylpaal te bereik.

Die Brit Graham Hill is die enigste renjaer wat die Grand Slam in sy loopbaan behaal het.

– Reuters

Meer oor:  Fernando Alonso  |  Indy 500  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.