Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Aussies gee VSA 1ste nederlaag

Australië se nasionale basketbalspan het Saterdag geskiedenis gemaak toe hy die VSA sy eerste nederlaag in meer as ’n dekade toegedien het.

Patty Mills van Australië se Boomers op die aanval terwyl die VSA se Brook Lopez hom probeer stuit.Foto: Getty Images

Die Australiërs het in ’n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd in Melbourne in ’n taai stryd net-net te veel skietgoed gehad en die Amerikaners met 98-94 geskok.

In die rugbywêreld is die All Blacks se wenrekord legendaries, maar selfs hulle kon nog nooit vir meer as ’n dekade sonder ’n enkele nederlaag deurkom nie.

Die VSA se nasionale basketbalspan was op soek na sy 79ste agtereenvolgende oorwinning nadat hy in 2006 laas die knie gebuig het. Dit was teen Griekeland in die Wêreldbeker-toernooi se halfeindronde.

Australië se Patty Mills het egter ander idees gehad en met ’n bydrae van 30 punte voor ’n rekordgetal toeskouers by die Docklands-stadion verseker dat sy span self die rekordboeke herskryf met ’n eerste wen oor die Amerikaners in 26 pogings sedert 1964.

Die tuisspan was teen rustyd nog met 10 punte agter, maar het toe die gety gedraai om ’n groot hou toe te dien voor die Internasionale Basketbalfederasie se Wêreldbeker-toernooi wat op 31 Augustus in China begin.

Die Australiërs sal boonop baie selfvertroue put uit dié oorwinning nadat hulle Donderdag die eerste wedstryd teen die Amerikaners met 86-102 verloor het.

Talle van die VSA se voorste NBA-sterre het wel die reeks uitgesit, maar die 52 079 toeskouers was min gepla hieroor.

Australië, wat vierde geëindig het by die 2016- Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, sal in die Wêreldbeker teen Kanada, Senegal en Litaue te staan kom. – Sportredaksie, nbl.com.au

Meer oor:  Patty Mills  |  Melbourne  |  Australië  |  Basketbal  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.