Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Biles verstom met 'trippel-dubbel'
Die Amerikaanse gimnas Simone Biles is in ’n eie klas. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse gimnas Simone Biles verskuif deurlopend die grense van haar sport, met selfs haar teenstanders wat net in verwondering kan toekyk.

NYTimes.com berig Sunisa Lee sê sy was “super-tevrede” met haar tweede plek die naweek in die Amerikaanse kampioenskap, waar Biles haar sesde titel gewen het met ’n asemrowende, ongekende “trippel-dubbel”-beweging in haar vloerroetine.

Selfs Biles (22) erken sy kon nie wag vir die kykweer nie.

“Ek wou nie die laaste een wees om dit te sien nie,” sê sy nadat sy die video op haar foon tussen roetines gekyk het.

Biles het die naweek in Kansas City boonop die perke op die balk tot die uiterste getoets met haar landing in die onderstaande video.

Lee was meer as gelukkig met haar silwermedalje, terwyl Morgan Hurd, wat in die vierde plek geëindig het, Biles as “bomenslik” beskryf het.

“Ek beskou dit as ’n sege, net omdat sy onoorwinlik is,” sê Lee.

Biles se vertoning in Kansas City gee ’n kykie na wat van haar verwag kan word in die Wêreldkampioenskap van 4 tot 13 Oktober in Stuttgart.

Die byeenkoms in Duitsland is die voorloper vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, waar Biles sal streef om by te voeg tot haar versameling van vyf medaljes – vier daarvan goud – wat sy in Rio in 2016 gewen het.

Sy is een van 200 wat deur Larry Nassar, die voormalige dokter van die Amerikaanse gimnastiekspan, gemolesteer en geteister is. Biles is uitgesproke in haar kritiek teen die sport se plaaslike beheerliggame se versuim om hul atlete te beskerm.

“Dit is moeilik om terug te keer na die sport, om terug te keer na die organisasie wat jou in die steek gelaat het,” het sy voor die begin van die naweek se kampioenskap gesê.

View this post on Instagram

that feeling when you make history.... twice

A post shared by Simone Biles (@simonebiles) on

– Sportredaksie

Meer oor:  Gimnastiek  |  Larry Nassar  |  Simone Biles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.