Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Biles deel blik op wat dalk by Spele wag
Simone Biles van Amerika is die wêreld se beste vrouegimnas. Foto: Getty Images

Simone Biles, die Amerikaanse gimnas met 30 Olimpiese en Wêreldkampioenskap-medaljes, het haar aanhangers laat regop sit van opwinding nadat sy ’n video gedeel het van ’n beweging op ’n oefenbalk wat geen vrou tot nog toe in ’n kompetisie uitgevoer het nie.

Biles (22) sluit die beweging af deur in ’n put vol rooi skuimrubberballe te land en skryf “2020?” saam met drie stelle groot oë as onderskrif by die Twitter-video.

Die video is binne drie dae al meer as 2,3 miljoen keer gekyk.

Volgens Time is dit ’n aanduiding dat die wêreld se beste gimnas beplan om dalk iets nuuts te vertoon by die Spele in Tokio (24 Julie – 9 Augustus) en die voorafgaande Amerikaanse kwalifiseringsbyeenkoms in Junie.

Biles is die gunsteling vir Olimpiese goud, selfs al voer sy nie hierdie indrukwekkende beweging uit nie.

Sy het skoonskip gemaak met vyf goue medaljes by verlede jaar se Wêreldkampioenskap in Stuttgart asook die Spele in Rio in 2016.

Sy het die eerste van haar Wêreldtitels reeds in 2013 beklink.

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Simone Biles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.