Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Binder val twee keer op suur Sondag

Óf ’n flou Saterdag . . . óf ’n vergeetbare Sondag.

Die Misano-renbaan het die Krugersdorper Brad Binder vir die tweede agtereenvolgende naweek die koue skouer gegee, met die Suid-Afrikaner wat Sondag ná twee botsings moes handdoek ingooi in die Emilia Romagna MotoGP-wedren.

Nadat hy twee weke gelede nog vierde in die wêreldkampioenskap was, bevind hy hom nou in die 11de plek, nadat hy verlede week by die einste Misano net 12de kon eindig, en hierdie naweek geen punte verdien het nie.

Misano het, nes in verlede naweek se San Marino-ren, hope drama gesien, met Binder maar net een van die jaers wat met Moeder Aarde kennis gemaak het.

Hy het van sesde op die wegspringrooster geklim tot die derde plek voor hy in die tweede rondte op die 14de draai vir die eerste keer geval het. Toe hy ’n kort rukkie later op die eerste draai van die derde rondte weer neerploeg, was dit koebaai Meraai vir sy aanslag.

Intussen het Pramac Racing se Francesco Bagnaia Misano aan die brand gejaag en die voortou in die vierde rondte geneem. Die 23-jarige Italianer het verlede week vir die eerste keer in sy loopbaan op die MotoGP-podium gestaan en begin groot droom van ’n eerste sege – net om daardie droom aan skerwe te sien spat toe sy fiets onder hom uitgegly het met sewe rondtes oor.

Dit het die deur wawyd oopgemaak vir die Yamaha-jaer Maverick Vinales, wat deurgaans op Bagnaia se stert was. Met die Italianer uit sy pad het Vinales ’n voorsprong van vier sekondes oor die res gehad.

Waar Vinales verlede week voor weggespring en lank die hef in die hand gehad het voor ’n botsing sy San Marino-ren beëindig het, het hy dié keer kop gehou om eerste oor die eindstreep te jaag.

Joan Mir (Suzuki) het tweede geëindig en Fabio Quartararo (Petronas Yamaha) derde. Quartararo is egter met drie sekondes beboet omdat hy buite die baan gery het, sodat Binder se Red Bull-spanmaat Pol Espargaro die derde trappie van die podium ingeneem het.

Vinales het die sesde verskillende wenner van die seisoen geword, in net die sewende ren op die kalender, en opgeskuif na die gesamentlike tweede posisie in die kampioenskap. Sy 83 punte plaas hom gelyk met Quartararo en ’n enkele punt agter Ducati se Andrea Dovizioso.

MISANO ADRIATICO, ITALY - SEPTEMBER 12: Brad Binde
Brad Binder. Foto: Getty Images

Binder is 31 punte agter Dovizioso ná ’n wipplank-seisoen wat ses weke gelede sy eerste MotoGP-sege opgelewer het, maar waarin hy ook reeds twee keer voor die einde van die ren terug in die motorhawe was.

Die jongeling het ’n paar weke gelede gesê sy sege in Pole, in net sy derde ren as MotoGP-jaer, het sy ambisies sodanig verander dat sy aanvanklike droom van ’n plek in die top tien van die finale kampioenskap nou te klein voel. Ná dese sal hy daardie ideaal waarskynlik weer afstof, voordat dit buite sy bereik raak.

Meer oor:  Motogp  |  Brad Binder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.