Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: So slaan jy 'n vrou, wys bokser
Die Britse bokser Billy Joe Sanders se humorsin is onaanvaarbaar. Foto: Getty Images

Die Britse wêreldbokskampioen Billy Joe Saunders is wéér in die nuus oor ’n “siek video” wat hy op sosiale media geplaas het.

Saunders het Maandag ’n video die wêreld ingestuur waarin hy wenke gee oor hoe om ’n vrou wat te veel praat plat te slaan.

Die Britse Boksbeheerraad het sy lisensie summier opgeskort en laat weet dat hy so gou moontlik voor ’n tugkomitee moet verskyn.

Saunders, die Wêreldboksorganisasie se super-middelgewigkampioen, het intussen £25 000 (ongeveer R553 438) geskenk aan organisasies wat slagoffers van gesinsgeweld help.

Saunders het ook om verskoning gevra en gesê hy wou niemand ontstel nie.

“Daar is mense wat oral in die wêreld sterf weens die koronavirus en ek wou net so ’n bietjie verligting bied,” het hy volgens die BBC aan TalkSport gesê.

In die video staan die 30-jarige Saunders by ’n slaansak.

Dan vertel hy wat om te doen wanneer jy nou al vir “sewe, nee, maak dit ses” dae saam met ’n praatsiek vrou opgesluit is.

Wanneer jy dit nie meer kan vat dat sy so “gif spoeg” nie, dan gee jy haar ’n reguit regter (“BAM!”) en wanneer sy “verbaas wonder wat aangaan”, volg jy dit met ’n linkerhaakhou op.

Eddie Hearn, Saunders se promotor, het die video as “siek” bestempel.

“Dis onaanvaarbaar as ‘Jan Blog’ onder in die straat dit doen. Maar nog meer as ’n wêreldbokskampioen dit doen,” het hy gesê.

“Daar is landwyd vroue wat saam in isolasie is met mans wat hulle mishandel, en so iets (die video) is onaanvaarbaar.”

Twee jaar gelede het Saunders ’n ander omstrede video op sosiale media geplaas.

Daarin sê hy dat hy ’n vrou £150 (ongeveer R3 300) se dwelms in ruil vir seks sal gee.

Die Britse Boksbeheerraad het hom daarna met £100 000 (sowat R2,2 miljoen) beboet.

Saunders was besig met onderhandelings om later vanjaar teen Canelo Álvarez van Mexiko te boks.

Hy was in November verlede jaar laas in aksie toe hy Marcelo Coceres van Argentinië in die Staples-sentrum in Los Angeles in die 11de ronde uitgeslaan het.

Kyk hier na Saunders se omstrede video

Meer oor:  Huishoudelike Geweld  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.