Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokswêreld verdeeld oor GGG en Alvarez

Nie nog ’n gelykopuitslag nie, asseblief!

Laat daar hierdie keer ’n wenner wees wanneer Gennady Golovkin en Canelo Alvarez mekaar pak.

Dit is die versugting van boksliefhebbers wêreldwyd voor Sondagoggend (SA tyd) se boksgeveg van die jaar.

Golovkin verdedig sy middelgewigtitels van die Internasionale Boksorganisasie (IBO), Wêreldboksraad (WBR) en Wêreldboksvereniging (WBV) in die T-Mobile-arena in Las Vegas.

Albei boksers was verlede jaar oortuig dat hulle genoeg gedoen het om te wen en was ontevrede oor die gelykopuitslag.

Nou maar wie gaan hierdie keer wen? Die bokswêreld is verdeeld.

“Dis ’n moeilike een om te voorspel. Hoe lank kan Golovkin (36) saam met die jonger manne praat?” wonder Sean Smith, die afrigter van die IBO se weltergewigkampioen, Thulani Mbenge.

“Slaan hy nog so vinnig en hard? Dit lyk asof hy steeds ’n hou goed kan vat.”

Volgens Smith hang dit af van watter Alvarez (28) gaan opdaag vir die geveg.

“Hoe gaan hy reageer op al die negatiewe publisiteit oor die opkikkerskandaal? En wat van sy fiksheid? In die eerste geveg het hy dramaties uitgesak in die tweede helfte,” sê Smith.

“Ek gaan my nek uitsteek en sê Golovkin gaan met punte wen. As Alvarez beter was, sou hy dit al in die eerste geveg gewys het.”

Evander Holyfield, ’n voormalige swaargewigkampioen, stem saam met Smith.

“Golovkin gaan te aggressief wees vir Alvarez. Hy slaan met albei hande baie hard en sy verdediging is goed,” het hy aan CBC Sports gesê.

“Nie so maklik nie,” waarsku Ruaan Visser, die SA swaargewigkampioen, wat nes Alvarez ’n tyd gelede deur ’n opkikkerskok getref is.

Nes Alvarez, dring Visser daarop aan dat hy onskuldig is en hy hoop om gou weer in die kryt te wees.

“Ek glo Golovkin het laas gewen, maar ek dink Alvarez gaan hierdie keer wen,” sê Visser.

“Ek dink net die ouderdom is aan Alvarez se kant en ek dink hy het die vorige keer te veel respek aan Golovkin betoon. Dit gaan moeilik wees, maar my geld is op Alvarez.”

Mikey Garcia, die WBR se liggewigkampioen en Shawn Porter, die WBR se weltergewigkampioen, stem saam.

Garcia het aan CBC Sports gesê Alvarez is die “slimmer” bokser en volgens Porter is Golovkin se verdediging “verdag”.

TV: Die toernooi word Sondagoggend van 02:00 uitgesaai en die hoofgeveg begin tussen 04:00 en 05:00 (SS 2).

Kitsfeite oor boksers

Gennady Golovkin

Oorwinnings: 38

Nederlae: 0

Gelykop-uitslae: 1

Uitklophoue: 34

Ouderdom: 36

Lengte: 1,79 m

Geboorteland: Kasakstan

Saul (Canelo) Alvarez

Oorwinnings: 49

Nederlae: 1

Gelykop-uitslae: 2

Uitklophoue: 34

Ouderdom: 28

Lengte: 1,73 m

Geboorteland: Mexiko

Meer oor:  Boks  |  Canelo Alvarez  |  Gennady Golovkin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.