Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Fietsren-heli lê dagga op dak bloot

Die polisie is ingeroep nadat ’n televisiedekking van een van die wêreld se beroemdste fietsrenne is ’n daggaplantasie op ’n dak in Spanje toevallig afgeneem het.

BBCSport berig die Katalaanse polisie het op 40 daggaplante beslag gelê in ’n klopjag op die dak van ’n gebou in Igualada, naby Barcelona, nadat verdoemende beeldmateriaal van die agtste skof in die La Vuelta a España, wat vanuit ’n helikopter in die lug opgeneem is, op sosiale media opgemerk is.

Die organiseerders van die fietsren het hoogtepunte van die dag se aksie op sosiale media gedeel toe sommige uiters oplettende kykers ietsie ekstra in die beeldmateriaal gewaar het. Dit is onder die polisie se aandag gebring.

“Ons het inligting ontvang via sosiale media van ’n daggaplantasie op ’n dak van ’n woonstelgebou in Igualada,” sê ’n Katalaanse polisiewoordvoerder.

“In ’n ondersoek wat steeds voortgaan, is op 40 plante beslag gelê. Tot dusver is niemand nog in hegtenis geneem nie.”

Die polisie probeer nog vasstel wie die eienaar van die plante is, want die terras waarop dit gevind is, is nie deel van enige van die woonstelle in die gebou nie.

Spanje het die aanplanting en persoonlike gebruik van dagga dekriminaliseer, maar dit is steeds onwettig om dagga vir kommersiële doeleindes te verbou.

Die La Vuelta a España duur 21 dae en is saam met die Giro d’Italia en die Tour de France een van fietsren se grand tours.

– Sportredaksie


Meer oor:  Tour De France  |  Fietsry  |  Giro D’Italia  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.