Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Fietsryer sê jammer vir gru-ongeluk
Die Nederlandse fietsryer Fabio Jakobsen is in ’n medies koma geplaas ná ’n vreesaanjaende ongeluk in Woensdag se eerste skof van die Poolse Toer. Foto: Getty Images

Die Nederlandse fietsryer Dylan Groenewegen het om verskoning gevra vir die ongeluk wat veroorsaak het dat sy landgenoot Fabio Jakobsen in ’n mediese koma geplaas moes word.

Groenewegen, wat vir die Jumbo-Visma-span ry, en Jakobsen (Deceuninck-Quick-Step) was in Woensdag se eerste skof van die Poolse Toer in ’n intense tweestryd reg voor die eindstryd gewikkel, toe Jakobsen in die versperring langs die pad ingeploeg en teen ’n beampte gebots het.

Die 23-jarige Jakobsen moes ’n operasie aan sy gesig ondergaan.

“Dit is aaklig wat gebeur het,” sê die 27-jarige Groenewegen.

“Ek kan nie die woorde vind om te beskryf hoe jammer ek is vir Fabio en die ander betrokkenes nie. Fabio se gesondheid is al wat nou saakmaak. Ek dink heeltyd aan hom.”

Dylan Groenewegen het sy sleutelbeen in die ongeluk gebreek. Foto: Getty Images

Die sport se beheerliggaam, die Internasionale Fietsryunie (UCI), het in ’n verklaring Groenewegen se “gevaarlike optrede” veroordeel en hom summier gediskwalifiseer.

Richard Plugge, Jumbo-Visma se spandirekteur, sê Groenewegen, wat ’n operasie vir ’n gebreekte sleutelbeen ondergaan het, “voel aaklig” oor wat gebeur het.

“Hy is diep getref deur die voorval. Ons sal binnekort die ongeluk in detail met hom bespreek.”

Die fietsren sou in Julie plaasgevind het, maar is weens die Covid-19-pandemie uitgestel. Dit is van sewe tot vyf skofte verkort om plek te maak vir ander uitgestelde byeenkomste.

– Reuters

Meer oor:  Fabio Jakobsen  |  Fietsren  |  Dylan Groenewegen  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.