Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Geveg-rugby vir 2020 afgelas
Die Calcio Storico Fiorentino-toernooi, wat jaarliks derduisende mense na Florence in Italië lok, het vanaf 1930 ’n jaarlikse hoogtepunt vir Italianers geword. Foto: Getty Images

Die Calcio Storico Fiorentino, ’n mengsel van rugby, sokker en rofstoei wat deur baie beskou word as die gewelddadigste sportbyeenkoms in die wêreld, is weens die Covid-19-pandemie vanjaar afgelas.

Hoewel dit in die 1600’s ontstaan het, word dit vandag steeds in Florence, Italië, met oorgawe beoefen.

Daar is 27 spelers in ’n span en volgens die reëls kan die bal met die hand óf die voet gespeel word. Verskeie gevegkunstegnieke word ook toegelaat.

Spelers, skeidsregters en lede van die skare trek modes aan wat dateer uit die era toe die sport ontstaan het.

Visitflorence.com berig vanjaar se weergawe van die Calcio Storico Fiorentino-toernooi, wat op 24 Junie beslis sou word, is afgelas.

Organiseerders ondersoek die moontlikheid om dit na September te skuif, maar dit sal waarskynlik eers weer in 2021 plaasvind.

Die Calcio Storico Fiorentino-toernooi, wat derduisende mense lok, het vanaf 1930 ’n jaarlikse hoogtepunt vir Italianers geword.

– Sportredaksie

Meer oor:  Italië  |  Florence  |  Rofstoei  |  Koronavirus  |  Calcio Storico Fiorentino  |  Covid-19  |  Sokker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.