Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Hamilton se fokus bly op F1

Lewis Hamilton hou vol die uitstappies wat hy in die afgelope tien dae na New York en Sjanghai onderneem het, sal nie sy fokus van sy doelwit laat afwyk om sy vyfde wêreldtitel in vanjaar se Formule Een-kampioenskap te verower nie.

Hamilton, die verdedigende kampioen, was die afgelope tien dae in Amerika en China om sy mode-reeks bekend te stel.

Dié Mercedes-renjaer het nou ’n voorsprong van 30 punte bo sy groot mededinger, Sebastian Vettel van Ferrari, nadat Hamilton twee weke gelede ’n verrassende sege in Monza, Italië, behaal het.

Kritici bevraagteken sy stralerjakker-leefstyl, maar Hamilton sê sy fokus is vierkant op die laaste sewe wedrenne van die seisoen. Die eerste van dié wedrenne vind Sondag in Singapoer plaas.

“Sodra ek klaar is met ’n wedren, kan ek afskakel. Ek het uiteraard ander sake waarmee ek my besig hou terwyl ek byvoorbeeld fiks bly en oefen en die laaste week was nie maklik nie,” het Hamilton Donderdag gesê.

Daar is nie ’n enkele oomblik wat ek nie daaraan dink om te jaag of nie aan die kampioenskap dink nie.
Lewis Hamilton

“Dit is egter nie hoe elke week vir my verloop nie, dit is net ’n besige tyd vir my met baie dinge wat aan die gang is buite die sport. Ek het die laaste twee weke baie meer gereis as wat die geval die hele jaar was.

“Maar my ervaring help my om selfs nóg meer rond te kan beweeg as in die laaste twee weke en steeds op my beste te wees wanneer ek moet jaag. Daar is nie ’n enkele oomblik wat ek nie daaraan dink om te jaag of nie aan die kampioenskap dink nie.”

Hamilton sê hy put baie energie uit sy groot verskeidenheid belange buite die Formule Een-wêreld.

“Ek vind dit stimulerend en ek dink mense sal sien dat my uitslae oor die laaste paar jaar dit bewys. Ek het al voorheen meer gereis as hierdie jaar. Vanjaar is eintlik die jaar wat ek die minste gereis het in die laaste vyf jaar.”

Lewis Hamilton van Mercedes voor die Singapoer Grand Prix. Foto: Reuters

Hamilton is glad nie van plan om die naweek in Singapoer ’n verdedigende aanslag in te neem om sy voorsprong op die puntelys te beskerm nie. Hy het al drie keer op dié veeleisende straatbaan onder die helder spreiligte gewen, maar Singapoer se baan is Ferrari egter tradisioneel goedgesind.

“Op die oomblik is daar geen rede om my aanslag te verander nie,” sê die 33-jarige Hamilton.

“Daar is steeds baie punte op die spel, so die aanslag is presies dieselfde as wat dit nog die hele jaar was. Dit werk, so ons sal daarby hou vir so lank as wat ons kan.

“Ons verwag daar gaan ’n paar moeilike wedrenne wees wat voorlê. Ferrari was voor ons in die laaste paar wedrenne, so om by hulle te bly, of hulle verby te steek, gaan taai wees.” – Reuters

* Saterdag se kwalifisering is van 14:55 (SA tyd) op SS 6.

* Sondag se Grand Prix begin om 14:05 en is regstreeks op SS 6.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.