Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Joey The Jaws sluk 75 worsbroodjies

Die koronavirus het nou wel die gewilde Nathan’s Famous Hot Dog Eating Contest van die Coney Island-promenade binnenshuis gedwing, maar die eindresultaat is dieselfde: Niemand kan Joey Chestnut klop nie.

Hy is Saterdag weer as die worsbroodjie-eetmeester gekroon en Miki Sudo het haar titel in die vroueafdeling verdedig.

Chestnut, of Joey The Jaws soos hy alom bekend staan, het ’n verbluffende 75 worsbroodjies in tien minute verorber.

Sudo het 48 en ’n halwe ingekry en vir albei die “professionele spoedeters” is dit ’n wêreldrekord.

“Ek het altyd die wêreldrekord in my visier,” het Chestnut voor die eetsessie gewaarsku.

“Ek weet dis wat my ondersteuners van my verwag.”

Dis nou maar wors! Joey (The Jaws) Chestnut onderweg na sy rekord van 75 worsbroodjies in 10 minute. Foto: AP

Die eetkompetisie word jaarliks op 4 Julie, Onafhanklikheidsdag in Amerika, gehou en altyd op die promenade by Nathan’s, ’n gewilde eetplek en toeristebestemming op die eiland.

Vyf mans en net soveel vroue het vanjaar deelgeneem, maar die kompetisie is weens die koronavirus na ’n ander plek verskuif en geen toeskouers is toegelaat nie.

“Na ses minute het ek regtig die aanmoediging van die mense gemis. Dis net nie dieselfde sonder toeskouers nie en ek moes hard konsentreer om nie my fokus te verloor nie,” het Chestnut agterna gesê.

Dit is sy 13de spoedeet-kroon en Sudo se sewende. Hulle het elk sowat R170 000 vir die rekord verdien. - Reuters

Meer oor:  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.