Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jokkie geskors oor video van dooie perd
Die Ierse jokkie Rob James is vir sy manewales geskors. Foto: Skermgreep

Die Ierse amateur-jokkie Rob James is vir 12 maande geskors nadat ’n video die lig gesien het waarin hy op die rug van ’n dooie perd klim.

BBCSport berig die Ierse jokkievereniging (IHRB) het die skorsing bevestig. Die laaste agt maande van die skorsing is opgeskort.

Die IHRB het bevind dat James se optrede “die integriteit en goeie reputasie van perdesport skade berokken het”.

James het verlede week verskoning vir die oorval gevra.

“Ek wil graag jammer sê vir my optrede, dit was totaal onvanpas en oneerbiedig,” het hy gesê.

James, wat verlede jaar op die rug van Milan Native vir die afrigter Gordon Elliott op die Cheltenham Festival-byeenkoms geseëvier het, het gesê die merrie in die video is in April 2016 aan ’n hartaanval dood.

James se afrigtingspermit is vir dieselfde tydperk opgeskort.

Die afrigter Elliot is ook verlede week vir ’n jaar geskors, waarvan ses maande opgeskort is, nadat ’n foto op sosiale media gedeel is waar hy op ’n dooie perd sit.

– Sportredaksie

Meer oor:  Perdesport  |  Perdewedren  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.