Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Karate-familie ryg top-pryse in

Vier kranige karatekas van dieselfde familie het onlangs van die voorste pryse op nasionale en provinsiale vlak ingeryg.

Sensei Stef Biagioni (51), wat ’n karate-dojo in Fourways bestuur, en sy twee seuns, Silvio (24) en Alessandro (16), het in Maart op die senior nasionale kampioenskap in Secunda goud in die kata-afdeling verower.

Biagioni se suster, sensei Roberta Biagioni, is boonop onlangs met Gauteng se Vroue in Sport-toekenningsgeleentheid as die Tegniese Beampte van die Jaar aangewys.

Die vier het almal swart gordels met talle jare se ervaring onder die belt.

Biagioni, ’n sewende dan met langer as 40 jaar ondervinding, sê karate is deel van sy familie se lewenswyse. “Ons is passievol oor karate; dit is deel van ons.”

Die pa en seuns moes op distrik- en provinsiale vlak deurdring om die provinsie op die nasionale kampioenskap te verteenwoordig.

Sensei Stef Biagioni (regs) saam met sy twee seuns, Alessandro (links) en Silvio.

Biagioni sê hy en sy seuns het geskiedenis gemaak.

“Sover my kennis strek, was daar nog nooit ’n pa en seuns wat die Suid-Afrikaanse kampioenskap gewen het nie,” sê hy.

Biagioni sê hy en sy seuns het besluit om deel te neem nadat hulle in 2020 aangewys is as die wenners in ’n wêreldwye virtuele kompetisie.

Die drie het toe ook in die kata-afdeling deelgeneem.

’n Kata is ’n reeks bewegings wat ’n span in harmonie uitvoer en is ’n kombinasie van krag, spoed en balans. Biagioni sê dit verg goeie tydsberekening, atletiese vermoë en tegniek.

Roberta, ’n bekroonde karate-skeidsregter, het sowat 17 jaar ervaring in karate.

Sy sê sy is trots op wat sy in die sport vermag het.

Sensei Roberta Biagioni is onlangs op Gauteng se Vroue in Sport-toekenningsgeleentheid aangewys as die Tegniese Beampte van die Jaar. Foto: Brümilda Swartbooi

Dit is egter vir haar belangriker om vir haar dogter, Milena Maffia (8), ook ’n karateka, ’n inspirasie te wees.

Die Biagioni-familie het individueel al talle eerbewyse op nasionale en selfs internasionale vlak verwerf.

Biagioni het al in meer as 50 internasionale kampioenskappe wat in kata spesialiseer, meegeding en hiervoor brons-, silwer- en goue medaljes ontvang.

Roberta, vyfde dan, het die land al in meer as vyf wêreldkampioenskappe verteenwoordig, meer as vyf keer provinsiale kleure verower en in verskeie kompetisies die eerste plek in kata behaal.

Silvio, derde dan, het meer as tien keer Protea-kleure verwerf en skryf meer as 25 internasionale kompetisies agter sy naam.

Alessandro, draer van ’n junior swart gordel, het in 2019 sy eerste wêreldkampioenskap bygewoon en in 2020 op die Afrika- kampioenskap die bronsmedalje in die kata-afdeling verower.

Sensei Stef Biagioni en sy seuns, Alessandro (16) en Silvio (24).

Meer oor:  Karate  |  Sensei Stef Biagioni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.