Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Khan gooi handdoek in ná lae hou

Die Suid-Afrikaanse swaargewig-bokskampioen se keuse van ’n volgende teenstander kan die oë laat rek.

Amir Khan op pad krytvloer toe nadat Terence Crawford hom met ’n lae hou getref het. Foto: Getty Images

Ruann Visser boks Saterdag in Karlsruhe, Duitsland, teen Madars Trivols van Litaue.

Die 33-jarige Trivols is ’n voormalige skopbokser en het nog net drie boksgevegte in die beroepskryt gehad.

Daarvan het hy een gewen en twee verloor. Altwee sy nederlae was weens tegniese uitklophoue.

Visser het reeds 16 gevegte agter die blad, waarvan hy twee keer verloor het.

In sy laaste geveg het Elvis Moyo van Zimbabwe hom maklik met punte verslaan.

Die geveg tussen Visser en Trivols is vir ses rondes geskeduleer.

Wanneer Visser terugkom uit Duitsland sal hy hom na verwagting vir ’n Suid-Afrikaanse titelgeveg teen Justice Siliga moet voorberei.

So lyk Madars Trivols (regs) op ’n plakkaat wat sy vorige geveg, op 1 Desember verlede jaar, teen Kristaps Zutis adverteer het. Trivols, wat Saterdag in Duitsland teen Ruann Visser boks, het toe met ’n tegniese uitklophou in die eerste ronde verloor.

* Die Brit Amir Khan ontken intussen dat hy die afgelope Saterdag in sy Wêreldboksorganisasie weltergewig-titelgeveg teen Terence Crawford kon voortveg nadat hy laag getref is met ’n hou.

“Ek kon dit (die lae hou) in my maag voel, dis waarom ek nie kon voortgaan nie,” het Khan aan CBS Sports gesê.

Crawford het Khan in die eerste ronde van hul geveg in Madison Square Garden in New York met ’n goeie kombinasie houe platgeslaan.

Khan het opgestaan en moedig voortgeveg tot in die sesde ronde, toe hy hom in ’n lae hou vasgeloop het.

Volgens Crawford, wat andersins ’n skitterende vertoning gelewer het, was die hou op die bobeen.

Die skeidsregter, David Fields, wou vir Khan ’n blaaskans gee sodat die geveg kon voortgaan.

Virgil Hunter, Khan se afrigter, het egter met sy bokser gesels en toe gevra dat die geveg gestop word.

“Amir het duidelik pyn gehad. Partykeer kan jy aanhou boks wanneer jy in die testikels geslaan word en ander kere nie,” het Hunter gesê.

“Dit hang net af van hoe hard jy getref is. Ek het vir Amir gevra of hy kon voortboks en hy het geantwoord dat hy nie kon nie.”

Omdat Crawford in daardie stadium voor was met punte, is hy toe met ’n tegniese beslissing as die wenner aangewys.

* Kyk hier na die lae hou:

Meer oor:  Boks  |  Amir Khan  |  Ruann Visser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.