Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Klitschko van brandende seiljag gered
Wladimir Klitschko Foto: Getty Images

Die voormalige swaargewigbokskampioen Wladimir Klitschko moes Sondag deur die Spaanse kuswag gered word ná sy luukse seiljag aan die brand geslaan het.

Volgens bbc.com was die 43-jarige Klitschko en sy gesin met vakansie naby Majorka toe die brand uitgebreek het.

“Ons uitstappie Sondagnag het geëindig toe die jag aan die brand geslaan het en ons familie en vriende deur die kuswag en die brandweer se reddingspan gered moes word,” het Klitschko, wat in Augustus 2017 sy bokshandskoene weggepak het, op Twitter geskryf.

“Moenie bekommerd wees nie: Ons is orraait!”

Sedert sy uittrede het hy ’n boek, waarin hy sake-advies gee, geskryf.

Hy het ook al by ’n universiteit in Switserland klas gegee in sakebestuur.

Dit is nie die eerste keer dat Klitschko uit die water gehelp moes word nie.

In Oktober 2014 was hy besig om te roei toe die Amerikaanse bokser Shannon Briggs naby hom met ’n motorboot verbygejaag het.

Die boot het ’n golf veroorsaak, wat Klitschko van sy roeiplank laat val het.

Briggs het probeer om Klitschko genoegsaam te irriteer sodat hy teen hom sou boks. Dit het egter nooit gebeur nie.

Briggs het wel al in 2010 teen Klitschko se broer Vitali geboks en verloor. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.