Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Ma (58) wil SI se oudste voorbladmodel word

’n Ma van twee kinders hoop om die oudste voorbladmodel te word van Sports Illustrated se gewilde swemklere-uitgawe.

Stuff berig Jodi Harrison-Bauer (58) van die Amerikaanse deelstaat Connecticut is ’n gimnasium-eienaar en persoonlike fiksheidsafrigter.

Die tydskrif rig jaarliks ’n ope uitnodiging aan aspirant-swemkleremodelle om in sy swemklere-uitgawe te verskyn en Harrison-Bauer het verlede week ’n oudisie afgelê.

Harrison-Bauer het haar ondervinding op Instagram gedeel.

“Op pad om vandag ’n splinternuwe reis aan te pak. Ek het julle liefde en ondersteuning nodig,” sê sy.

“Ek hoop die tydskrif besef ’n 58-jarige vrou bring ervaring, kennis, skoonheid en selfvertroue na die tafel.

“Daar is baie van ons vroue daarbuite en ons moet gehoor word. Julle het my daarmee gehelp en my die selfvertroue gegee om myself te wees. Dankie!”

Hoewel Harrison-Bauer die oudste model sal word om via ’n openbare oudisie op die voorblad te pryk, is Christie Brinkley die oudste model om in die swemklere-uitgawe te verskyn. Sy het op 63-jarige ouderdom vir die tydskrif geposeer.

Harrison-Bauer sê in haar oudisie sy wou nog altyd “alle vroue oor die ouderdom van 55 verteenwoordig wat dink dit is te laat om iets nuut aan te pak”.

Sports Illustrated sê in sy ope uitnodiging aan aspirant-swemkleremodelle hy is op soek na “vroue wat opgewonde is om die ikoniese SI Swemklere-handelsnaam te verteenwoordig”.

Die tydskrif sê “persoonlikheid is van die grootste belang” en verwelkom “alle lyftipes en etniese agtergrond”. Hy maak ook melding dat lengte nie ’n vereiste is nie.

Voormalige Sports Illustrated-voorbladmodelle sluit in die plusgrootte-model Ashley Graham, Elle Macpherson, Rachel Hunter, Kate Upton en Beyoncé Knowles.

– Sportredaksie

Meer oor:  Sports Illustrated
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.