Die sportwêreld se Oscars is Maandagaand in Berlyn, Duitsland, toegeken. Eertydse en huidige sportsterre en akademielede van die Laureus-stigting sit hul beste voetjie voor op die rooi tapyt voor die toekenningsaand.

Siya Kolisi, die Springbok-rugbykaptein. Foto: Getty Images

Die Britse renjaer Lewis Hamilton is een van die benoemdes.Foto: Getty Images

Die Springbok-legende Bryan Habana en sy vrou, Janine. Foto: Getty Images

Die Britse akteur Hugh Grant is die aanbieder van die 20ste Laureus-toekenningsaand. Foto: Getty Images

Sean Fitzpatrick, voorsitter van die Laureus-akademie, en sy vrou, Bronwyn. Foto: Getty Images

Die voormalige Australiese krieketkaptein Steve Waugh.Foto: Getty Images

Die voormalige Amerikaanse atleet Edwin Moses. Foto: Getty Images

Die eertydse Indiese krieketlegende Sachin Tendulkar is ’n benoemde in die afdeling vir sportoomblik van die afgelope 20 jaar. Foto: Getty Images

Die voormalige Amerikaanse atleet Michael Johnson en sy vrou, Armine Shamiryan. Foto: Getty Images

Die voormalige Roemeense gimnas Nadia Comaneci.Foto: Getty Images