Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Prins Harry spring weer aan die werk
Prins Harry gesels met deelnemers op die bekendstelling van die Invictus Spele wat op 9 Mei in Den Haag, Nederland, gehou word. Foto: Getty Images

Die Hertog van Sussex het tyd afgeneem van #Megxit om opwindende nuus te deel.

Prins Harry het aangekondig die 2022 Invictus Spele sal in Düsseldorf, Duitsland, aangebied word. Vanjaar se Invictus Spele vind in Mei in Den Haag, Nederland, plaas.

Hy het die nuus op die Sussex Royal Instagram-blad gedeel en dit is ook bevestig op die Invictus Spele se amptelike webblad.

View this post on Instagram

Here we come Düsseldorf ????! The new home for the 2022 and sixth Invictus Games. Having previously been held in London, Orlando, Toronto, Sydney, and upcoming The Hague this year in May - Düsseldorf will welcome over 500 competitors as they showcase their talents, determination and camaraderie to the world! The #InvictusGames is an international adaptive multi-sport event, created by The Duke of Sussex, in which wounded, injured or sick (WIS) armed services personnel and veterans show the world what they’re capable of in a series of adaptive sports, ranging from wheelchair basketball to indoor rowing. The Duke, having spent 10 years serving in the Armed Forces, set up the @WeAreInvictusGames to celebrate the power of sport rehabilitation (both physically and mentally) and to generate a wider appreciation for those who served their country beyond their time in uniform. Participating in the Games plays a significant part in the recovery journey of WIS Servicemen and women. It doesn’t just heal the individual, it heals the whole family. • “I hope everyone in Germany is ready for what will be an incredible week of sport! I have no doubt that the German public will get right behind these Games and that every single competitor can expect a warm welcome and an amazing atmosphere.” – The Duke of Sussex For more information of the announcement, visit https://invictusgamesfoundation.org/ig2022-announcement/ Video © @WeAreInvictusGames

A post shared by The Duke and Duchess of Sussex (@sussexroyal) on

Harry (35) het die Invictus Spele geskep vir beseerde weermaglede en -veterane. Deelnemers ding mee in nege sportsoorte, insluitende rolstoel-basketbal, sittende vlugbal en binneshuis-roei.

Die eerste Invictus Spele is in 2014 in Londen aangebied voordat dit in 2016 na Florida, Amerika, geskuif het. Toronto in Kanada was die gasheer vir die derde Invictus Spele in 2017 waar Harry en sy vrou, Meghan, ’n hoëprofiel openbare verskyning gemaak het.

Die geleentheid is in 2018 in Sydney gehou.

Meer as 500 deelnemers van 20 lande sal in die Invictus Spele in Düsseldorf meeding.

Die prins se aankondiging volg nadat Meghan die eerste keer afgeneem is sedert sy Brittanje verlaat het ná die egpaar se skokbesluit om te bedank as senior lede van die koninklike gesin en na Kanada te verhuis.

Harry sal hom binnekort by Meghan en hulle seun, Archie, in Kanada aansluit.

Meghan is afgeneem by die Victoria Harbour-lughawe waar sy ’n vlug na Vancouver gehaal het. Sy het later die Downtown Eastside-vrouesentrum in Vancouver besoek waar sy saam met agt vroue vir foto’s poseer het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Meghan Markle  |  Britse Koninklikes  |  Prins Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.