Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Renjaer stap uit hospitaal 48 uur ná ongeluk
Ryan Newman verlaat die hospitaal hand aan hand saam met sy twee dogters. Foto: Twitter / @roushfenway

Die Amerikaanse Nascar-renjaer Ryan Newman is uit die hospitaal ontslaan slegs twee dae nadat hy Maandag in ’n skouspelagtige ongeluk in die laaste rondte van die Daytona 500 betrokke was.

Newman (42) het ernstige, hoewel nie lewensgevaarlike beserings nie opgedoen toe sy Ford Mustang-renmotor kort voor die wenstreep van agter getref is.

CNN berig Newman se vrou, Krissie, het Woensdag ’n video op Twitter geplaas waar haar man saam met die egpaar se twee dogters hand aan hand die Halifax- mediese sentrum in Daytona Beach, Florida verlaat.

Newman se Roush Fenway Racing-span het Dinsdag in ’n verklaring gesê die renjaer is wakker en praat met sy familie en mediese personeel.

Volgens die span het Newman “grappies gemaak met die personeel, vriende en familie in die hospitaal terwyl hy ook met sy twee dogters gespeel het”.

Die Halifax-sentrum het ook ’n foto op Twitter geplaas van Newman en sy dogters by van die hospitaalpersoneel voordat hy ontslaan is.

Newman (42) was Maandag die voorloper in die 62ste Daytona 500 toe die ongeluk gebeur. Hy het beheer oor sy renmotor verloor voordat dit teen ’n muur gebots, omgedop, deur die lug geseil en op sy dak geland het en met vonke en vlamme oor die wenstreep geskuur het.

Die wedren is van Sondag tot Maandag uitgestel weens gure weer.

Newman, wat die Daytona 500 in 2008 gewen het, is ’n Nascar-veteraan van 19 seisoene.

– Sportredaksie

Meer oor:  Nascar  |  Daytona 500  |  Ryan Newman  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.