Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Swart speler weier om knie te buig
Die basketbalster Jonathan Isaac staan uit soos ’n seer duim terwyl almal rondom hom die knie buig. Foto: Getty Images

Die Orlando Magic-basketbalster Jonathan Isaac het Vrydag die eerste speler geword om te weier om te kniel gedurende die Amerikaanse volkslied met die hervatting van die NBA-seisoen.

Later dieselfde dag het die afrigters Gregg Popovich en Becky Hammon dieselfde gedoen.

Die NBA-liga het Vrydag hervat nadat dit weens die Covid-19-pandemie vir vier maande opgeskort was. Spanne toon tot dusver onwrikbare ondersteuning vir die Black Lives Matter (BLM)-beweging.

CBS Sports berig elke liewe speler in Vrydag se kragmetings tussen die Jazz en die Pelicans en die Clippers en die Lakers het Black Lives Matter-hemde gedra en vir die volkslied gekniel. Maar dit het verander toe die Magic en die Brooklyn Nets mekaar die stryd aansê, met Isaac wat nie soos almal anders ’n BLM-hemp gedra het nie en staande gebly het terwyl almal rondom hom die knie gebuig het.

Isaac is passievol oor sy Christen-geloof en sê rassisme word in die Evangelie veroordeel, maar dat die dra van ’n BLM-hemp of op een knie sak, is nie vir hom die antwoord nie.

Isaac, ook ’n dominees wat betrokke is by verskeie liefdadighede en kerke, het sy besluit ná afloop van die wedstryd bespreek.

“Ek glo beslis swart lewens maak saak. Ek het baie oor my besluit gedink en deel daarvan was dat om te kniel of ’n BLM-hemp te dra, gaan nie hand aan hand met die ondersteuning van swart lewens nie,” sê Isaac.

“Vir my persoonlik . . . ek vind ondersteuning in die Evangelie, Jesus Christus, en almal is geskape in God se beeld.

“Elkeen van ons doen daagliks dinge wat ons nie moet nie, sê dinge wat ons nie moet sê nie, haat en veroordeel . . . soms bereik dit ’n punt waar ons vinger wys na wie se boosheid is erger en soms kom dit eenvoudig oor as wie se boosheid is die sigbaarste.

“Ons almal sondig en die antwoord vir al die probleme van die wêreld, nie net rassisme nie, is die ware Evangelie van Jesus Christus,” sê Isaac.

– Sportredaksie

Meer oor:  Basketbal  |  Black Lives Matter  |  Nba  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.