Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Trump g’n verlies vir NBA, sê LeBron

Die Los Angeles Lakers-superster LeBron James sê basketbal sal Donald Trump geensins mis nadat die Amerikaanse president erken het hy skakel NBA-wedstryde af wat deur proteste ten gunste van maatskaplike geregtigheid voorafgegaan word.

Die NBA-superster LeBron James voel vere dat Donald Trump weier om basketbal te kyk. Foto: Getty Images

Trump beskuldig spelers van “oneerbiedigheid” en sê hulle gedrag is “skandelik” deur op een knie te sak met die speel van die volkslied voor kragmetings.

“Ek dink regtig nie die basketbal-gemeenskap betreur die feit dat ons hom as ’n kyker verloor nie,” sê James volgens ESPN.

“Ek praat namens almal wat die sport liefhet en ons kan nie minder omgee nie.”

James (35), ’n 16-malige NBA All-Star-speler en wenner van vier Most Valuable Player-pryse, lei ’n veldtog in die aanloop tot November se presidensiële verkiesing om die stemreg van Afro-Amerikaners te beskerm. Hy meen die sport se aanhangers het waardering vir die spelers se standpunt oor maatskaplike en politiese kwessies.

“Ons sport is in ’n pragtige posisie en ons het oor die wêreld heen aanhangers,” sê hy.

“Ons aanhangers respekteer wat ons poog om na die spel te bring, wat reg is en wat verkeerd is.”

Dit is nie die eerste keer wat James vir Trump kritiseer nie. Hy het die president in 2017 ’n “boemelaar” genoem en na hom verwys as ’n “sogenaamde president”. Trump het op sy beurt gesê hy verkies die legendariese Chicago Bulls-ster Michael Jordan as ’n speler.

Die oorgrote meerderheid van die spelers en personeel in die NBA kies om te kniel tydens die volkslied om te betoog teen rasseongelykheid.

Trump het voorheen gesê hy “vind die praktyk onaanvaarbaar”.

Lees ookKYK: Breier lag Trump se BLM-kritiek af

Doc Rivers, afrigter van die Los Angeles Clippers, het Donderdag op ’n mediakonferensie ’n blou keps gedra met die woord “VOTE” in hoofletters daarop geborduur en stem saam met James.

“Wel, ons het een ou verloor. Wat daarvan? Ek gee nie om nie. Ons weet geregtigheid is aan ons kant. En hierdie (stem-)hoed wat ek dra is presies wat die president ons probeer oortuig om nie te doen nie, wat net so skandelik is,” sê hy.

– Sportredaksie

Meer oor:  Basketbal  |  Donald Trump  |  Black Lives Matter  |  Nba  |  Lebron James  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.